kategorieë: Blogs

Sal ons dans?

Op mý ouderdom (wat ek dalk liewer moet verswyg) het ek begin dansles neem. Ballroom en Latin, soos in paartjies wat grasieus oor die dansvloer sweef of verbysterende dinge met hulle ledemate en met mekaar aanvang.
Dat ek nou eers sover gekom het, is deels die kerk en deels Richard Gere se skuld. Die kerkverband waarin ek grootgeword het, het dans tot ‘n paar jaar terug as sonde beskou. Ek was dekades lank in opstand hieroor, maar ek het skielik meer begrip vir die kerkvaders. Die greep waarin twee mense ‘n tango doen laat sekerlik enige bewaarder van die goeie sedes se bloeddruk bokspring.
Richard Gere? Jy het reg geraai: Shall we dance. Mooi was nog nooit lelik nie en die fliek versterk net die moed, broosheid en romantiek waarmee ek dans nog altyd vereenselwig het.
Die blootstelling aan ‘n aktiewe dansstudio het natuurlik sy uitdagings. Dit manier waarop gesoute dansers se heupe apart van hul lywe funksioneer, kan ek nie kleinkry nie. My heupe sit vás en hulle vóél elke poginkie om loslit te swaai. Ek verstaan ook nie hoe een mens op een slag moet onthou wat jou bene moet doen, waar jou arms moet wees, hoe jy jou lyf moet draai, in watter rigting jy moet kyk en watter liggaamsdele jy moet intrek en/of ontspan nie. En dan moet jy nog asem haal ook!
Die uitklophou is egter die feit dat my grootste spirituele uitdagings helder en duidelik in die manier waarop ek dans weerspieël word. My instrukteur kon net sowel ‘n life coach gewees het. Ek hoor gereeld:
“Moet jy so baie dink?”
“Ontspan.”
“Maak sag daai arm.”
“Daar is twee reëls vir ‘n vrou wat dans. One: follow your gent. Two: follow your gent.”
Ek wou hom ‘n lesing gee oor vroue wat vandag vir hulself dink en vir hulself sorg, toe dit my tref: wat ek nodig het is nie soseer fiksheid en tegniek nie, maar ‘n kopskuif. As ek kan leer om te ontspan en in volle vertroue my gent te volg, gaan ek elke oomblik geniet – al maak ek ook foute. By 2nd Beat word daar baie en lekker oor flaters gelag.
En hoe wonderlik sal dit nie wees as ek kan leer om te ontspan en my Gent in volle vertroue te volg nie. Ek skat dit gaan my ‘n leeftyd neem, maar ek kan vandag al begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

9 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.