Foto: Freepik
Deur: Bea Lingenfelder. Hooffoto: Freepik
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om onder tafels te kruip en deur bosse te beur verg ’n gemaklike, rekbare uitrusting. Maak seker jou kind trek nie iets aan wat kan skeur as hy afbuk nie, of oor haar kop waai as die wind optel nie. ’n Gemaklike rek- of sweetpakbroek is altyd ’n wenner saam met ’n T-hemp. As die aktiwiteit effens uitdagend is, hou die ontwerpe eenvoudig – versierings soos tossels kan dalk êrens haak en die item beskadig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Het jy al ooit iemand aan Amazing Race sien deelneem met plakkies of fyn skoentjies? Tekkies of selfs stapskoene sal moeë voete voorkom en dit beteken eindelose pret! Maak seker die skoen skaaf nie om jou kind se enkel nie – in die somer kan dit te warm raak om ’n paar wolsokkies aan te trek, dus moet die skoen vir enige weer gemaklik wees. Toets die skoen in die winkel deur te kyk of die sool buigbaar is vir maklike beweging.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wat is ouerskap sonder daardie kenmerkende aanhaling, “Vat ’n warmding saam!” ’n Trui of baadjie is ’n reddingsitem in die oë van ’n ouer en ’n oulike Paasfees-ontwerp kan enige gemoed opkikker. Ons stel ’n praktiese, toeknoop-ontwerp met sakke voor.
Die laaste ding waaroor jou kind hom wil bekommer is ’n lomp sak wat heen en weer op sy heup swaai. ’n Rugsak is ’n praktiese keuse omdat dit nie sommer haak nie, dit agter jou kind se rug stewig vasgebind kan word en ook die belonings wat jou kind vind, kan stoor.
Loer hier na ’n paar oulike items vir seuns en dogters:
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Hierdie webwerf gebruik koekies.