SAARKIE raak nostalgies oor hulle kinderdae in treffende ballade

Die melodie en lirieke van JASMYN KIND is deur Adèle Fouché geskryf, en sy, Lila Botha en Lourene Mostert het ook die instrumente opgeneem en die musikale verwerking gedoen. Die snit is oudergewoonte vervaardig deur Jacques du Plessis van High Seas Studios en finaal verwerk deur Gustav van Rooyen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As ’n mens ’n bietjie stil raak, kan jy dinge onthou wat jou gesond kan maak,” deel die meisies. “Die liedjie vat ons op ’n denkbeeldige reis na geheimsinnige paaie waarop ons almal is. Op die ou einde van die dag, maak dit die lewe ’n bietjie ligter om soos ’n kind te wees.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens die groep, is die liedjie sover baie goed ontvang tydens optredes en spog dit met ’n onderliggende kalmte wat jou diep roer.

Die musiekvideo is op vriende se plaas naby Dullstroom geskiet genaamd Hemel op Aarde. Marlie van Unbreakable Media was agter die kamera en wou hê dat hulle ’n dieper aanslag moes neem met hierdie liedjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alhoewel dit koud was en dit op ’n stadium gehael het, het hulle voortgegaan en het dit bygedra tot ’n fantastiese eindproduk.

“Net soos wat kinders natuurlik groot word, gaan ons ook deur natuurlike seisoene in ons lewe. Daar is dag en nag, en soms is dit koud en donker, maar dan steek iemand vir jou ’n vuur aan,” verduidelik hulle. “Al staan jy onder honderd populierbome wat koud waai in die nag, het iemand langs jou waardering vir die waaiende blaartjies en die vuurvliegies in die nag. Sien die mooi deur alle seisoene van jou lewe.”

Saarkie se enkelsnitomslag vir die lied Jasmyn Kind

JASMYN KIND en Rondomtalie is beskikbaar op hulle volgende album en volg in die suksesvolle voetspore van vorige treffers soos Waar lê jou hart (die titelsnit van hulle vorige album), Reënweer en River Blues, wat goed ontvang is en aan hulle vier Afri-Indie-toekennings besorg het, waaronder Beste lewendige rockgroep, Beste alternatiewe album, Beste alternatiewe enkelsnit en Beste rock-enkelsnit.

“Ons is dankbaar vir almal wat ons ondersteun het oor die afgelope sewentien jaar. Alhoewel nie al die liedjies almal ewe goed presteer nie, was mense nog altyd mal oor ons musiek en daaroor is ons bly. JASMYN KIND is die tweede enkelsnit vanaf album nommer ses.”

Alhoewel SAARKIE, wat oorspronklik bestaan uit Adèle Fouché en Lila Botha, hoofsaaklik nog altyd ‘n meisiesgroep was, deel hulle nou die verhoog met enige jong briljante musikant.

Buiten vir die nuwe album, het die groep ’n lekker vol kalender vir die res van die jaar en beplan hulle aan ’n 2023-toer na Nieu-Seeland, Europa en Australië.

Adèle skryf ook musiek vir haarself of ander kunstenaars en verder geniet die tuinroete rondom haar huis ook baie aandag. Sy geniet dit ook om selfdoen-projekte in en rondom die huis aan te pak.

Lila bestuur self haar besigheid – Da Capo Trading – wat korporatiewe drag- en geskenke, werksklere, PPE, borde en meer aan besighede verskaf. Sy is ook ’n kranige tennisspeler.

Die meisies hou daarvan om tyd in die natuur te spandeer en het reeds die Otter- en Visrivier-staproetes op hulle kerfstok.

Hulle sien ook baie uit na hulle eerste produksie in die Atterbury-teater wat op 16 November plaasvind. Kaartjies is beskikbaar op www.seatme.co.za.

JASMYN KIND sal op 4 November op alle digitale platforms beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reze-Tiana Wessels van “Diepe waters”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

4 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.