Trou of nie, saambly beteken dat jou elke dag se doen en late met iemand anders s’n verweef raak. Om jou daarvan los te maak, is altyd pynlik, sê verhoudingskenners. Kliniese sielkundige Marna Dreckmeier-Meiring sê baie paartjies glo saambly is ’n goeie manier om mekaar beter te leer ken voor hulle die groot stap doen – ’n soort proeflopie vir die ware Jakob. “Hulle neem aan dat dit makliker sal wees om uitmekaar te gaan as dinge nie uitwerk nie, maar op emosionele vlak is dit gewoonlik nie die geval nie.”
Elmari Mulder Craig, seksuoloog en verhoudingskenner, sê selfs kinders wat deel van so ’n saamwoonverhouding is, ervaartrauma wanneer die saamwoners se paadjies skei. “Veral as saamblyverhoudings wat nie uitwerk nie ’n patroon begin vorm, beleef die kind keer op keer ’n verlies. Maar die dilemma met saamwoon kom veral wanneer die paartjie saam kinders het. Gewoonlik kry die kinders die swaarste omdat hulle nie verstaan waarom hul ouers nie soos ander kinders se ouers getroud is nie. Kinders vra vrae en kan baie wreed wees.” Die groot gemis wat hy sien, sê dr. Willem Pretorius, ’n leraar van Familiekerk
Ja, ons lewe in ’n kitskultuur, maar ongelukkig is daar nie ’n kitsresep vir die volmaakte verhouding nie, sê Zani Olivier, ’n huweliksberader.”Uit ’n Christelike oogpunt gaan dit nie oor die huweliksdokument nie, maar om een saam in gees te word met God as hoeksteen; om trou aan mekaar voor die Here te kan beloof.”
Voorhuwelikse seks is ’n realiteit
Sommige mense glo saamblyverhoudings gaan net oor seks, maar Elmari sê nege uit tien huwelikspaartjies wat haar kom spreek, het voorhuwelikse seks gehad. “Baie huweliksprobleme spruit daaruit dat mense skuldig voel of hulself verwyt omdat hulle voorhuwelikse seks beoefen het. ’n Mens kan nie voorhuwelikse ‘losbandige’ seks goedpraat nie, maar dit is normaal dat mense later trou en dit is onrealisties om te dink dat jongmense selibaat gaan bly tot hulle trou. Seks NG Kameeldrif in Pretoria, is dat die commitment in ’n saamwoonverhouding ontbreek. Een van die maats kan makliker besluit om die verhouding te beëindig. Marna sê saamblyverhoudings gaan baiemaal met ’n klomp onsekerheid gepaard. En dinge begin moeilik word as mense in so ’n verhouding nie ewe gemaklik met die saamblyooreenkoms is nie. “Natuurlik is toegewings deel van enige gesonde verhouding, maar as jy jou waardes inboet, kan ’n toegewing maklik meer skade as goed doen. Dit wat vir jou waardevol en reg is, vorm ’n belangrike deel van wie jy is, en om dit in te boet, verweer die agting of respek wat jy vir jouself en jou maat het.”
’n Verbruikersmentaliteit?
Waarom verkies mense dan steeds saamwoon bo trou? Kan dit wees omdat ons dalk ’n verbruikersgees of –mentaliteit in ons verhoudings ontwikkel het? “Ons word geleer om iets weg te gooi, of ’n nuwe een te kry as iets stukkend is of nie werk nie,” sê dr. James Kirkpatrick, ’n predikant en voorsitter van die algemene taakgroep vir leer en aktuele sake van die NG Kerk. “Dieselfde is besig om in ons huwelike en verhoudings te gebeur.” voor die huwelik, en selfs saamwoonverhoudings, het ongelukkig steeds ’n stigma. Ons assosieer seks selfs vandag nog baiekeer met sonde.” Dit is ook nie net jongmense wat met die trou-of-saamwoon-vraagstuk worstel nie. Elmari sê sowat die helfte van mense wat haar spreek, woon saam en dat haar kliëntebasis oor ’n wye ouderdom strek. Haar oudste kliënt wat in ’n saamwoonverhouding is, is in sy tagtigerjare.
Marna glo vir party mense bied hul eie informele saambly-ooreenkoms die sekuriteit en versekering van toewyding wat hulle n ’n verhouding wil hê. “Dit kan goed werk,mits albei opreg tevrede voel met die saambly-ooreenkoms. Mense in so ’n verhouding is ook meer geneig om mekaar nie sommer as vanselfsprekend te aanvaar nie.” Dr. Willem sê een van die groot verwere wat hy gereeld teëkom wanneer paartjies besluit om saam in te trek, is omdat een of albei uit ’n gebroke huis kom. “Deur vooraf saam in te trek, maak hulle seker dat hulle nie ’n ‘fout’ maak nie.” Nietemin is daar baie bejaardes en geskeides wat soms genoodsaak is om saam te woon, sê dr. Willem. “Wanneer sommige mense in die eg tree, kan hulle hul pensioen en mediese voordele verbeur en hul persoonlike toelae verval. Daarom kan die kerk saambly as sodanig nie summier van die tafel vee nie.”
Die kerk in die middel?
Dr. James bevestig dat die teologiese droom van die huwelik hom soms teen die werklikheid van vandag se samelewing te pletter loop. Hy stem saam dat dit tyd is om nuut oor die huwelik en saambly te dink.”Die kerk is vroeër as beterwetend en veroordelend beleef. Nou kan die kerk weer as ruggraatloos beleef word omdat ons saamblyverhoudings ondersoek. Hoewel ek nie namens die NG Kerk praat nie, glo ek ons kan nie meer soos in die verlede praat nie.” Vroeër was die kerk sterk teen saamwoonverhoudings gekant. Veral die NG Kerk se siening hieroor was onverbiddelik en byna verdoemend. In 1966 het die NG Kerk die destydse minister van justisie genader om buite-egtelike, oftewel saamwoonverhoudings, teen die wet te verklaar. Dit is maar eers in 2007 dat die NG Kerk ’n ondersoek van stapel gestuur het om saamwoonver in heroorweging te neem.
Volgens dr. James kan saamwoonverhoudings in vier groepe verdeel word: Eerstens is daar die groep wat ’n absolute losbandige lewe lei. Hulle slaap rond en spring van een saamwoonverhouding na die ander. Hy sê die kerk keur dié gedrag ten sterkste af en dit kan nie goedgepraat word nie. Tweedens is daar die geriefsoekers. Dit is paartjies wat saambly oor die gerieflikheidsfaktor wat daaraan verbonde is. Geriefsoekers is gewoonlik selfsugtige mense wat nie in ’n langtermynverhouding belang stel nie. Met dié verhouding probeer hulle die verantwoordelikhede systap wat met ’n huwelik gepaardgaan. Die volgende groep mense volg byna ’n proeflopiebenadering. “Dit is mense wat skepties is oor die huwelik. Hulle trek bymekaar in om te sien of dinge tussen hulle kan werk en of ’n huwelik sal kan slaag.
Die mense is dikwels baie ernstig oor die huwelik as instelling, maar vrees vir mislukking weens ’n vorige ervaring. Dit kan die ouerhuis, of ’n eie mislukte huwelik wees.” By die vierde groep begin dinge ingewikkeld word. Dr. James verwys na dié groep as sogenaamde onbevestigde huwelike. Hoewel die huwelik nooit amptelik voltrek is nie, het dié verhouding al die kenmerke van ’n huwelik. Die huwelik kan beskryf word as die vrywillige lewensgemeenskap en blywende liefdesv erbintenis van twee bymekaarpassende en aanvullende volwassenes van die teenoorgestelde geslag. Dit wil sê twee mense wat gelykes is wat in ’n blywende verhouding of langtermynverbintenis met mekaar is en hul liefde openbaar gemaak het.
“Sommige mense is lief vir mekaar, maar wil nog nie ’n kerklike of staatkundige stempel daarop sit nie. Ek glo ons kan nie alle saamwoonverhoudings oor dieselfde kam skeer nie. Sommige verhoudings is volgens my onbevestigde huwelike. Ek voel as paartjies committed aan mekaar is, hoekom doen hulle nie volgende stap nie? My raad is trou en bly dan saam!”
Neem kennis van dié implikasies
Baie predikante, sielkundiges en maatskaplike werkers moedig paartjies aan om eerder te trou as om bloot net saam te bly. Dit is omdat saamwoon nie deur die gemeenskap, kerk of selfs die staat beskerm word nie. Aubrey van Eck, ’n prokureur, sê dat ’n mens meer beskerming in ’n (staatregtelike) huwelik as met ’n saamblyverhouding het.”In die stadium het paartjies wat saambly wel beskerming ingevolge die Wet op Gesinsgeweld. Ongelukkig verkeer baie mense verkeerdelik onder die indruk dat hulle ook beskerming deur middel van wetgewing het vir aspekte soos onderhoud of die verdeling van bates as hulle in ’n aamblyverhouding betrokke was.”
Aubrey stel voor dat paartjies wat reeds in ’n saamblyverhouding is, of beplan om saam in te trek, ’n lewensverhoudingkontrak moet laat opstel (verkieslik deur ’n professionele persoon) waarin elkeen se regte behoorlik uiteengesit en deeglik beskerm word.
LAT waai?
Die term “saamwoon” kan verskeie vorme aanneem. Die afkorting LAT staan vir Living Apart Together. Elmari sê dit is ’n term wat gebruik word om twee mense te beskryf wat in ’n toegewyde en langtermynverhouding staan, maar wat vanweë hul omstandighede nie bymekaar kan of wil intrek nie.”Mense wat in dié soort verhouding is, is gewoonlik geskeides met kinders. Die meeste is al in hul middeljare en redeneer dat dit makliker en minder gekompliseerd is om liewer twee afsonderlike huishoudings en woonplekke te hê as om een woonplek te deel.”