kategorieë: VelsorgSkoonheid

Saam salon toe: Ons toets Sorbet SK-N Microdermabrasion Silk Peel

Ons toets Sorbet SK-N Microdermabrasion Silk Peel deur Hannelie Diedericks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Sorbet SK-N-salon lyk baie anders as die kleurryke Sorbet-naelsalonne en Dry Bars waarmee ons almal bekend is. Anders as die ander Sorbet-salonne, fokus Sorbet SK-N net op velsorgbehandelings wat velsorgkundiges met die mees gevorderde toerusting en produkte doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Saam salon toe vir ’n chemiese afskilfering en mikronaald-behandeling

Ons toets Sorbet SK-N Microdermabrasion Silk Peel. Foto: Verskaf

Die salon se elegante, neutrale kleure en glimmende oppervlakke skep onmiddellik ’n rustige oase.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My terapeut, Neo, doen eers ’n velanalise wat jou vel se dieper lae skandeer om te sien watter kwessies behandel moet word. Die skandering kyk na kwessies soos pigmentasie/vlekke, merke, plooie, dehidrasie en vergrote porieë.

Lees ook: Beskerm jou vel teen die skade van blou lig

Ons toets Sorbet SK-N Microdermabrasion Silk Peel foto: verskaf

Dis nogal skokkend om al jou velsondes in soveel detail blootgestel te sien, maar dit maak dit makliker om te besluit watter behandelings gedoen moet word. Dit maak dit ook moontlik om ‘n mens se vordering te volg wanneer jy ’n reeks behandelings ondergaan.

Ondanks my geskokte reaksie, stel Neo my gerus dat dit glad nie so erg is soos wat dit lyk nie, en dat my vel eintlik in ‘n goeie toestand is. Ek sukkel wel met pigmentasievlekke en dehidrasie, vanweë die Hoëveld se droë winter.

Neo beveel die Ultra Hydrating Microdermabrasion Silk Peel aan om die kwessies te behandel.

Lees ook: K-skoonheid het my lewe verander en Alles wat jy moet weet oor K-skoonheid

My vel na die behandeling

Hoewel ek voorheen mikrodermabrasie-gesigbehandelings gehad het, was hierdie een in ’n eie klas.

Die terapeut kan die tekstuur van die diamantskerwe wat gebruik word tydens die mikrodermabrasie by die kliënt se veltipe aanpas.

Omdat ek glad nie ’n sensitiewe vel het nie, en gewoond is aan gereelde afskilferings het sy besluit om ʼn redelike growwe tekstuur te gebruik.

Lees ook: Ons toets Nimue se Smart Resurfacer Peel

Die afskilfering het meer grof gevoel as die gewone suig-sensasie van ander mikrodermabrasie-metodes, maar dit was glad nie seer nie.

My vel het daarna effens geprikkel, maar die bevogtigende Exuviance-masker wat daarop gevolg het, het dit vinnig laat bedaar.

Lees ook: Ons toets Lash Lift-behandelings

Ons toets Sorbet SK-N Microdermabrasion Silk Peel. Foto verskaf

Ná die behandeling was my vel glansend en bevog en so sag soos sy – dis seker waar die Silk Peel sy naam gekry het.

Ander gesigbehandelings sluit in Visia-, Mesoestetic-, Green Peels- en Dermapen-behandelings, asook botox en vullers wat deur mediese dokters gedoen word. Die salon doen ook laserhaarverwydering.

Vir afsprake besoek sorbet.co.za, e-pos info@sorbetskin.co.za of bel 010 880 5444.

Lees ook: Jou bikini-wasgids: 20 dinge wat elke vrou moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

40 minutes Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

7 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

20 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.