Tuindag is die breinkind van Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekery, wie se pa, Rob, jare gelede die bekende Boomplantdag bekendgestel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Nick oorweeg al lankal die bekendstelling van die internasionale konsep van ’n Tuindag in Suid-Afrika.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Tuindag is nie verbonde aan enige maatskappy of individu nie,” sê hy. Vir hom is dit ’n dag waarop tuiniers hul tuingereedskap neersit en hul tuine geniet.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ons wil Suid-Afrikaners aanmoedig om die dag te geniet en een van die eenvoudigste, mees waardevolle ervarings in die lewe te geniet, naamlik tuinmaak.”
Britse navorsing het bewys dat tuiniers en bloemiste gelukkig is weens hul beroepe. Prof Paul Dolan, gedragswetenskaplike, meen hulle is twee keer so gelukkig soos beroepe waarin mense meer betaal word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die Stodels vier tradisioneel in volle blom aan die begin van Oktober, wanneer mense kleurvolle blomme plant wat tuine ophelder en geure versprei. Dit pas goed aan by Tuindag.
In jou tuin, op ’n patio, op ’n balkon, in ’n agterplaas of in enige groen ruimte. As jy nie ’n tuin besit nie, gaan kuier by enige kwekery of by die Botaniese Tuine.
Besoek ’n tuinsentrum en laat die kleure en aromas jou inspireer. As jy egter besluit om jou graaf die dag te laat rus, sit agteroor en geniet jou tuin saam met familie en vriende.
• Hou ’n teeparty op die grasperk
• Lees ’n boek onder ’n boom
• Stig ’n plant-klub pleks van ’n boekklub. Vra dat elke gas ’n interessante plant bring en uitruil
• Nooi vriende vir ’n braai en gebruik kruie uit die tuin om die vleis te geur
• Mediteer, doen joga of beoefen Tai Chi in jou tuin
• Betrek jou kinders by die tuinmaak. Begin saam ’n groentetuin.
• Skilder in jou tuin
Vir meer inligting gaan na www.gardenday.co.za of www.stodels.com
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.