Die toekennings is gister (Woensdag, 28 September) by Google se hoofkantore in Kalifornië gehou. Kiara het tussen 15 ander internasionale deelnemers uitgestaan en ’n beurs van $50 000 gewen.
Kiara se innovering is geïnspireer deur die verskriklike droogte wat Suid-Afrika aangegryp het – die ergste sedert 1982. Die idee behels die gebruik van lemoenskille om absorberende materiaal te skep wat water in die grond behou.
Kiara hoop dat, omdat haar uitvinding ’n goedkoper en meer omgewingsvriendelike alternatief tot nie-bioafbreekbare super-absorberende polimere bied, dit boere kan help om geld en gewasse te bespaar.
*Die Google Science Fair is ’n internasionale aanlynkompetisie vir wetenskap en tegnologie wat deur individue en groepe tussen die ouderdomm van 13 en 18 ingeskryf kan word.
Bron: SAPeople