Tatjana Smith (voorheen Schoenmaker), het Maandagaand gewys waarom sy Suid-Afrika se golden girl is toe sy die 100 m-borsslag-eindstryd by die Olimpiese Spele in Parys, Frankryk gewen het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die 27-jarige swem-ster het Suid-Afrika se eerste goue medalje by vanjaar se Olimpiese Spele met ‘n tyd van 1:05.28 gewen. China se Tang Qianting het silwer met ‘n tyd van 1:05.54 ingepalm en Ierland se Mona McSharry het ‘n derde plek met haar tyd van 1:05.59 behaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Tatjana het vanjaar se Olimpiese Spele met hoë verwagtinge betree, nadat sy ‘n silwer medalje in die 100m-borsslag en ‘n goue medalje in die 200m-borsslag by Tokio in 2020 gewen het.
Sy het Sondag by die Parys La Defense Arena twee skouspelagtige oorwinnings in haar uitdun- en halfeindrondes behaal en haar beste tyd in die item geswem sedert haar prestasie in Tokio drie jaar gelede.
(Foto: Maddie Meyer/Getty Images)
Smith het in 2020 by Tokio die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om ‘n Olimpiese goue medalje in swem sedert 1996 te wen.
Intussen het Pieter Coetzé ‘n vyfde plek in die mans-100 meter-rugslag-eindstryd behaal.
Lees ook: Swemkampioen Tatjana Schoenmaker en Joel Smith hak die knoop in Robertson deur
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.