kategorieë: ReisOntspanning

SA se gewildste “instahoods” en kuierplekke

Ons Moederstad, die geliefde Kaapstad, is aangewys as 2016 se “Most Instagrammed City”. Hoe dan anders? Dié stad, bekend vir haar unieke Tafelberg, Fynbos en tronk waar Nelson Mandela eens op ’n tyd gevangene gehou is, is die stad in Suid-Afrika wat volgens PropertyFox Virtual Reality die heel meeste op Instagram geplaas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

A post shared by CAPE TOWN ?? (@capetown.southafrica) on

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

PropertyFox Virtual Reality is ’n eerste-van-sy-soort verslag wat dieper na die Instagram-aktiwiteite van Suid-Afrika se drie grootste stede kyk en so probeer vasstel of trends in die virtuele wêreld enige impak op die regte wêreld se eiendomspryse het.

Kampsbaai is natuurlik Kaapstad se gewildste buurt, nie net vir plaaslike inwoners nie, maar beslis ook vir toeriste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die glansryke Sandton staan bekend as “Afrika se rykste woonbuurt” en daarom kan ons verstaan dat dit Johannesburg se gewildste buurt op Instagram is.

Dit kom ook as geen verrassing dat die pragtige Umhlanga as Durban se gewildste buurt op Instagram pronk nie. Met sy spierwit strande en blou-blou see is dit baie mense se gunstelinguithangplek.

Volgens die verslag lê die stede soos volg:

Kaapstad: 89 858
Johannesburg: 30 758
Durban: 17 267

Só lyk elke stad se gewildste “Instahoods”:

Kaapstad

• Kampsbaai – 7 184
• South Peninsula – 4 530
• City Bowl- 2 549
• Suidelike voorstede- 2 453
• Atlantiese kus (Kampsbaai uitgesluit) – 2 205
• Weskus/ Blouberg: 1 218

Johannesburg

• Sandton: 2 275
• Rosebank: 643
• Braamfontein: 613
• Rivonia: 238

Durban

• Umhlanga: 1 297
• Westville: 166
• Durban Noord: 135
• Musgrave: 113

Hier is die top kuierplekke in elke stad

Kaapstad:

Crumbs and Cream– 476
Shimmy Beach Club– 223
Café Caprice– 162

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

7 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

7 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

10 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

12 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.