Ons Moederstad, die geliefde Kaapstad, is aangewys as 2016 se “Most Instagrammed City”. Hoe dan anders? Dié stad, bekend vir haar unieke Tafelberg, Fynbos en tronk waar Nelson Mandela eens op ’n tyd gevangene gehou is, is die stad in Suid-Afrika wat volgens PropertyFox Virtual Reality die heel meeste op Instagram geplaas word.
PropertyFox Virtual Reality is ’n eerste-van-sy-soort verslag wat dieper na die Instagram-aktiwiteite van Suid-Afrika se drie grootste stede kyk en so probeer vasstel of trends in die virtuele wêreld enige impak op die regte wêreld se eiendomspryse het.
Kampsbaai is natuurlik Kaapstad se gewildste buurt, nie net vir plaaslike inwoners nie, maar beslis ook vir toeriste.
Die glansryke Sandton staan bekend as “Afrika se rykste woonbuurt” en daarom kan ons verstaan dat dit Johannesburg se gewildste buurt op Instagram is.
Dit kom ook as geen verrassing dat die pragtige Umhlanga as Durban se gewildste buurt op Instagram pronk nie. Met sy spierwit strande en blou-blou see is dit baie mense se gunstelinguithangplek.
Volgens die verslag lê die stede soos volg:
Kaapstad: 89 858
Johannesburg: 30 758
Durban: 17 267
Só lyk elke stad se gewildste “Instahoods”:
Kaapstad
• Kampsbaai – 7 184
• South Peninsula – 4 530
• City Bowl- 2 549
• Suidelike voorstede- 2 453
• Atlantiese kus (Kampsbaai uitgesluit) – 2 205
• Weskus/ Blouberg: 1 218
Johannesburg
• Sandton: 2 275
• Rosebank: 643
• Braamfontein: 613
• Rivonia: 238
Durban
• Umhlanga: 1 297
• Westville: 166
• Durban Noord: 135
• Musgrave: 113
Hier is die top kuierplekke in elke stad
Kaapstad:
Crumbs and Cream– 476
Shimmy Beach Club– 223
Café Caprice– 162
Johannesburg:
Café Cru at Monte Casino– 349
Marble – 82
Tasha’s– 34
Durban:
The Oyster Box– 93
Moyo– 55
Robsons Real Beer– 33