kategorieë: Ontspanning

SA se beste Shirazwyne net voor nasionale Shirazdag vereer

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bekende glanspersoonlikheid, Tracey Lange, was die baie gewilde seremoniemeester.

Ses oesjare uit ‘n wye verskeidenheid streke het presteer. Sestien wenners is in die Shiraz SA-uitdaging se drie kategorieë aangewys. Zandvliet-wynlandgoed buite Ashton het uitstekend presteer deur twee plekke in die Top 12 te behaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gesellig tydens die funksie is Samuel Viljoen, keldermeester by Nederburg, Zinaschke Steyn, rooiwynmaker by Nederburg en Abraham van Heerden van Windmeul Kelder. Nederburg The Winemasters Shiraz 2022 is een van die Top 12.

‘n Paneel van vooraanstaande wynkenners, onder leiding van De Grendel se keldermeester, Charles Hopkins, het die inskrywings by Nederburg beoordeel. Saam met hom op die paneel was die Kaapse Wynmeester Bennie Howard, ondervoorsitter van die SA Nasionale Wynskouvereniging, Heidi Kritzinger van Kanonkop Wynlandgoed, Nongcebo Langa, wynmaker van Delheim Wines, RJ Botha, keldermeester van Kleine Zalze, en Karabelo Masoleng van De Grendel as protégée.

Al die wenners van die Shiraz SA Uitdaging by Simonsvlei Kelder na afloop van die aankondiging is voor van links Izele van Blerk (KWV), Leander Lubbe (Lomond), Heidi Dietstein (Spier), Lizemari Geldenhuys (Kleine Zalze), Zinaschke Steyn (Nederburg), Marinelle Cilliers (Zandvliet) en Daniela Jansen (Saronsberg). Agter is Christiaan Groenewald (Eagle’s Cliff), Edmund Terblanche (Shiraz SA voorsitter), Lawrie Moore (Eerste Hoop), Johann Fourie (Benguela Cove), Philip Viljoen (Bon Courage), Pieter Carstens (Leeuwenkuil), Ingus Ferreira (Stellenbosch Reserve), Anthony Sanvido (De Morgenzon), Pierre Wahl (Survivor Wines), Tracey Lange (seremoniemeester) en Johan Conradie (Vinventions), wat reeds etlike jare by Shiraz SA betrokke is.

Die Top 12 Shiraz-wenners van 2024 is:

  • Bon Courage The Pepper Tree Shiraz 2022
  • De Morgenzon Reserve Syrah 2019
  • Kleine Zalze Family Reserve Syrah 2020
  • Leeuwenkuil Shiraz 2023
  • Lomond Single Vineyard Conebush Shiraz 2021
  • Nederburg The Winemasters Shiraz 2022
  • Survivor Wines Syrah 2022
  • Saronsberg Provenance Shiraz 2022
  • Spier Seaward Shiraz 2022
  • Stellenbosch Reserve Kruithuis Syrah 2022
  • Zandvliet Kalkveld Shiraz 2020 en Zandvliet Hill of Enon Shiraz 2021.

Die 12 beste Shiraz-wyne wat by die geleentheid vereer is.

Drie wenners wat in die Top 12 ingesluit is, is Heidi Dietstein (Spier), Pierre Wahl (Survivor Wines) en Jo-Maré van Eck (Zandvliet).

Die 2024 Shiraz-versnitwenners is:

  • Benguela Cove Lighthouse Collection Moody Lagoon 2021
  • Eagle’s Cliff Wines Arendskloof Shiraz Tannat 2020
  • KWV Roodeberg Dr. Charles Niehaus 2020.

Die 2024 Shiraz-versnitwenners is KWV Roodeberg Dr. Charles Niehaus 2020, Benguela Cove Lighthouse Collection Moody Lagoon 2021 en Eagle’s Cliff Wines Arendskloof Shiraz Tannat 2020.

Johann Fourie (Benguela Cove) en Izele van Blerk (KWV), klink ‘n glasie op hul wen-inskrywings vir die 2024 Shiraz-versnitwenners Benguela Cove Lighthouse Collection Moody Lagoon 2021 en KWV Roodeberg Dr. Charles Niehaus 2020.

Die 2024 Shiraz Rosé-wenner is:

  • Eerste Hoop Shiraz Rosé 2024.

Die 2024 Shiraz Rosé-wenner is Eerste Hoop Shiraz Rosé 2024.

Shiraz SA het Jordan Wynlandgoed aangewys as die derde wenner van die jaarlikse Bellingham Bernard Podlashuk Shiraz-trofee, wat ’n kontantprys van R30 000, geborg deur Bellingham, insluit.

Hierdie manjifieke trofee is vernoem na die “Vader van Suid-Afrikaanse Shiraz”, Bernard Podlashuk. Hy en sy vrou Fredagh het in 1943 die plaas Bellingham in Franschhoek gekoop en was baanbrekers wat Suid-Afrika se eerste enkelkultivar-Shiraz in 1956 gebotteleer het.

Saronsberg was in 2022 die eerste ontvanger van die toekenning vir die beste algehele prestasie oor die eerste tien jaar van die Shiraz SA Challenge. Creation Wines is in 2023 as die tweede wenner bekroon ná die toekomstige kriteria in samewerking met Andrew Harris van Bellingham vasgestel is as “volhoubaarheid, uitnemendheid, innovering, kreatiwiteit en sosiale verantwoordelikheid”.

Die wenner van die 2024 Bellingham Bernard Podlashuk Shiraz-trofee is Jordan Ewynlandgoed. Van links is Tracey Lange, Bianke Ohle en Alex Jordan (Jordan) en Stephan Joubert (Bellingham Wine).

Charles Hopkins het aan gaste vertel die paneel beïndruk was met die verskeidenheid en die gehalte van die inskrywings.  “Die wenners is almal puik wyne wat met vertroue die vlag kan dra van Shiraz in Suid-Afrika. Terwyl die meeste van die 100% Shiraz-inskrywings uit die 2022- en 2021-oesjare was, het ons ook uitstekende wyne uit ouer oesjare geproe. Die verskeidenheid van ons Shiraz-style is indrukwekkend, van groot, komplekse wyne, tot moderne, meer delikate style met ‘n laer alkoholinhoud, gemaak van heel trosse van druiwe wat vroeër geoes word en wat ‘n unieke peperagtige karakter aan die wyne gee.”

Nadat gaste al die top inskrywings op hul eie tyd kon deurproe, is daar vonkelwyn en versnapperinge bedien.

Wine MS het die beoordelaars bygestaan en Exceed Group het die proses en die uitslae geoudit. Crystal Direct het glase geborg en Lebone Paarl Labels het die bottelseëls verskaf. ‘n Hoeveelheid van die wyne wat nie gebruik is nie, is aan die Pebbles Projek geskenk. Die hoofborg was Vinventions, wat reeds etlike jare by Shiraz SA betrokke is.

Shiraz SA nooi alle liefhebbers van die kultivar om nasionale Shiraz-dag op Woensdag 21 Augustus te vier. “Bespreek gerus vir unieke proe-ervarings met Shiraz as deel van ons Seven Days of Celebrating Shiraz,” sê Edmund Terblanche, Voorsitter van Shiraz SA.

Besoek www.ShirazSA.co.za vir al die uitslae en meer inligting oor die viering van nasionale Shiraz-dag met die “Seven Days of Celebrating Shiraz” projek.

Lees ook: Top terroirs in Suid-Afrikaanse wynlande vereer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.