Die Jetour-handelsmerk is onlangs tydens ’n Sandton City-modegeleentheid, met reis as tema, die Dashing- en X70 Plus-modelle bekendgestel. Die motorvervaardiger beweer dat die twee nuwe modelle ’n voorbeeld is van Jetour se visie om die wêreldwye reismotormark te lei, met hul slanke ontwerp, gevorderde tegnologie en topkenmerke. Jetour, afgelei van die woorde “jet”, wat spoed en sukses simboliseer, en “toer”, is gekies om die handelsmerk se etos van vryheid en avontuur te weerspieël. Dit het ten doel om voertuie te skep wat by lewenstyl- en reisentoesiaste aanklank vind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Li Xueyong, die president van Jetour Auto, het die handelsmerk se strategiese fokus op spesifiek Suid-Afrika beklemtoon. “Hierdie mark is volwasse en hoogs mededingend. Ons het breedvoerige navorsing gedoen en bied produkte wat aan plaaslike vereistes voldoen. Die bekendstelling van die Dashing en X70 Plus vandag is net die begin,” het hy gesê en Jetour se ambisieuse verkoopsteikens van 2 000 eenhede teen die einde van die jaar en 30 000 kumulatiewe verkope oor die volgende drie jaar uiteengesit.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die Jetour X70 Plus dien as ’n 7-sitplek SUV, wat vir gesinne en avonturiers ontwerp is. Dit spog met die jongste tegnologie, ’n ruim kajuit en ’n kragtige veiligheidstelsel. Die treffende buitekant, met ’n indrukwekkende sierrooster en langwerpige LED-hoofligte, kom met gevorderde kenmerke, soos sleutellose toegang en sterk bande wat vir uiteenlopende terreine geskik is. Binne straal die kajuit moderne elegansie uit, wat deur omgewingsbeligting en topsintetiese leersitplekke versterk word. ’n Panoramiese sondak en veiligheidskenmerke soos baanwisselhulp en blindekolbespeuring dra by tot die aantrekkingskrag. Die X70 Plus Momentum-model kos R454 900, terwyl die Deluxe-weergawe R484 900 kos.
Die Jetour Dashing aan die ander kant is vir die lewe in die stad gepas, en die buitekant is mooi modern. Hoëgehalte materiale en intelligente veiligheidstelsels verseker ’n verfynde bestuurservaring en Jetour hoop dat die Dashing se beginprys van R439 900, met die Deluxe-model beskikbaar teen R469 900, die firma sal help om sy ambisieuse teikens te haal.
Nic Campbell, die visepresident van Jetour Suid-Afrika, het die belangrikheid van hierdie bekendstelling as ’n mylpaal vir die handelsmerk benadruk. “Hierdie geleentheid dui op ons verbintenis tot innovasie en vooruitgang in vervoer en beweegbaarheid,” het hy gesê. Jetour se toetrede tot die plaaslike mark word deur ’n omvattende na-verkope strategie ondersteun. Dit sluit ’n R100 miljoen-belegging in onderdele by hul Midrand-hoofkwartiere en ’n netwerk van meer as 40 handelaars landwyd in.
Lees ook: Begin met die einde in gedagte: Hoe om die herverkoop van jou voertuig te beplan
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Hierdie webwerf gebruik koekies.