Kyk net hoe groot word ons!
BO: Angelique saam met haar seuntjie, Jaques.
ONDER: Angelique Gerber en haar rugbyreus, Jacques Potgieter, se mooi seuntjie, klein Jacques, het 2 maande oud geword. Angelique het die foto op Instagram gedeel met die woorde: “My lief, jy word so groot, so vinnig! Mamma het jou soveel lief dat dit seermaak! #2WonderlikeMaande.”
Opwindend
Sorina Erasmus, of “Die Flooze” soos ons haar ken, het opgewonde ’n foto op Twitter gedeel van haar en haar man se planne om die Afrikaans Gaan Klein Musiekfees saam met hul krulkopseuntjie te gaan kyk!
Sien só uit om dié show saam ons krulkop seuntjie-lief te gaan kyk. Dit gaan awesome wees. Mammas en Pappas, sien julle daar! @Arnojordaan pic.twitter.com/3CSmxmVanl
— Flooze Sorina (@FloozeSorina) January 22, 2017
Besig, besig, BESIG
Oud Mej. Wêreld, Rolene Strauss, het ’n foto van haar kleinding op Instagram gedeel en verduidelik dat haar woelige pienkvoet-seuntjie (en studies) haar vreeslik besig hou. Dis dié dat sy so skaars is op sosiale media!
Son, see en sand
Bobby van Jaarsveld het ’n foto op Instagram gedeel van sy seuntjie op Zanzibar se strand. Hy skryf daarby: “My perfekte seun op ’n perfekte dag op ’n perfekte strand. Dit is die lewe!”
Bobby het op Twitter gedeel dat hy en sy seuntjies vir ’n middagdrafsessie gegaan het. Kyk net hoe mooi is die uitsig!
Afternoon jogging with my boys @DiamondsResorts #zanzibar ! And the view from the gym ……. dis freakin mooi …. ?#gymwithaview ??? pic.twitter.com/OORHIZQF4c
— Bobby van Jaarsveld (@bobbyvjaarsveld) January 26, 2017
Ek speel rugby, nes my pa
Duane Vermeulen se seuntjie, Anru, het met sy nuwe Puma-rugbyboots voor die kamera gespog. Ons kan sien dat dié knapie beslis in sy pa se voetspore gaan volg! Duane het hierdie foto op Instagram gedeel:
Verjaardagvieringe
Rolanda Marais het haar verjaarsdag saam met haar dogtertjie, Charlotte-James, spandeer.
Rolanda het ’n foto op Instagram geplaas met die woorde: “Niks kan mens voorberei vir hierdie liefde nie.”