kategorieë: Bekendes

SA-atlete beïndruk by die IAAF-kampioenskappe

Die IAAF-wêreldkampioenskappe wat op Vrydag, 4 Augustus 2017 afgeskop het, beloof om opwindend te wees vir Suid-Afrikaanse atlete en hul ondersteuners. Dié kampioenskappe duur tot 13 Augustus 2017. Ons atlete het reeds oor die naweek hul merk gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die mans-100m se eerste semi-finale uitdunronde op 5 Augustus het Akani Simbane eerste gekom. In die finaal het hy vyfde plek behaal. Die res van die atlete in dié finaal het vir ’n dramatiese einde gesorg waar almal gehoop het Usain Bolt sou wen. Bolt het derde geeïndig. Justin Gatlin en Christian Coleman, beide van die VSA, was onderskeidelik eerste en tweede. Thando Roto, die ander Suid-Afrikaner wat aan die wedloop sou deelneem, is ongelukkig tydens die uitdunrondtes gediskwalifiseer omdat hy te vroeg weggespring het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sien ook ons artikel oor Usain Bolt se planne vir sy laaste wedrenne hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ongelukkig het Carina Horn dit nie deurgemaak na die vroue-100m finaal nie. Antonio Alkana, wat die kontinent se hekkiekampioen is het ook nie goeie resultate in die 110m-hekkies gelewer nie. Stephen Mokoka het algeheel 10de gekom in die 10 000m finale ronde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Tydens die mans-maraton het die Suid-Afrikaner Desmond Mokgobu 21ste gekom in ’n tyd van 2:16:14. Die wenner van hierdie wedloop was die Kenyaan Geoffrey Kipkorir Kirui met 2:08:27. Tamirat Tola van Ethiopië was tweede en Alphonse Felix Simbu van Tanzanië het derde plek behaal. Die twee ander Suid-Afrikaners het as volg gevaar: Lusapho April het nie deelgeneem nie, en Sibusiso Nzima het nie klaargemaak nie. In terme van die vroue-marathon het twee Suid-Afrikaners deelgeneem. Mapaseka Makhanya het veerstigste gekom en Jenna Leigh Challenor het 59ste plek behaal.

Twee Suid-Afrikaners het goed gevaar tydens die mans-verspringfinaal. Luvo Manyonga het goud verower met 8.48m. Ruswahl Samaai het met die bronsmedalje weggestap met 8.32m. Jarrion Lawson van die VSA het silwer gewen met 8.44m. Zarck Visser het nie die uitdunronde deurgemaak nie.

Wayde van Niekerk het strawwe kompetisie ervaar van Botswana se Baboloki Thebe, maar hy het uiteindelik eerste gekom in die mans 400m semi-finale rondte. Van Niekerk is dus deur na die finale ronde toe, wat op 8 Augustus sal plaasvind.

Caster Semenya het derde plek behaal in die 1500m uitdunronde. Sy sal vanaand deelneem aan die finale wedlopie.

Vandag (7 Augustus 2017) beloof om verder opwindend te wees want die mans 200m-uitdunrondes vind plaas. Wayde van Niekerk, Akani Simbane en Clarence Munyai sal meeding. Wenda Nel sal verder deelneem aan die 400m hekkies-uitdunronde.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

5 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

11 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

12 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

12 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

13 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.