“S” is vir somer én stres: Beskerm jou troeteldiere

’n Gespanne of angstige kat of hond is algemene bekommernisse en die rede dat troeteldierouers hulp soek. Katte en honde reageer anders op stres en angs.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stres in honde en katte kan in drie verskillende tipes verdeel word: vrees, fobies en angs.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vrees is ’n instinktiewe reaksie op ’n eksterne vrees. Die kat of hond is angsbevange en bang.

  • Dit word, byvoorbeeld, gesien wanneer daar vreemdelinge op die eiendom is, ’n groter dier wat hulle bedreig of selfs ’n skielike harde geluid. ’n Vreesreaksie is ’n natuurlike deel van die “veg, vlug of vries” instink en tensy dit abnormaal raak, is dit ’n normale gedrag.

Fobies is ’n uitermate vrees vir eksterne stimuli. Die algemeenste fobie in honde is vir geluide (vuurwerke, harde geluide en donderstorms).

  • Dis wanneer vrees oordrewe is en tot abnormale gedrag lei. In sekere gevalle kan hierdie gedrag skadelik wees, teenoor die dier self, die eiendom of selfs teenoor die “ouer”. Wanneer dit by hierdie stadium kom, is spesifieke gedragsveranderinge en behandeling nodig. Dis ook belangrik om professionele hulp te kry.

Angs is die ongemaklike gevoel of vrees verwant aan die afwagting van gevaar.

  • Byvoorbeeld, skeidingsangs gebeur wanneer die troeteldier ’n ongewone reaksie het wanneer hulle weg van die eienaar af is, vir langer of korter tydperke. Dit kan gedurende werksure of selfs saans wanneer die eienaar weggaan wees – veral in die maande wanneer daar harde geluide soos vuurwerk en donderstorms is en die dier die eienaar se weggaan met die harde geluide assosieer. Dit kan maklik vererger en in ’n fobie of vernietigende gedrag ontaard.
  • Reis en nuwe toevoegings tot die huishouding waar die “trop” vergroot word, is ook gebeure wat jou troeteldier heelwat angs kan veroorsaak.
  • Bouwerk, herstelwerk en ander soortgelyke bedrywighede kan ook tot angs lei.

Soos die somer naderkom, is daar ’n goeie aantal maniere waarmee ons diere van stres en angs kan beskerm en voorkom dat die toestand in ’n fobie verander. Die benaderings werk beter en sorg vir die beste resultate wanneer hulle gekombineer word.

Ondersteuningsprodukte

Daar is natuurlike stresverligtingsprodukte wat ondersteuning bied en wat nou beskikbaar is om jou troeteldier te help kalmeer, maar ook help om gedrag te verander wanneer bestuurspraktyke in plek gesit word. Die BM Calmcare-reeks is nou in ’n tabletvorm beskikbaar, is maklik om te gebruik en proe lekker. Dit bevat ook ’n halsband wat nuut op die Suid-Afrikaanse mark is asook ’n formule wat maklik is om in die nek aan te wend. Hierdie produkte bevat almal natuurlike ondersteuningsbestanddele en daar is ook ’n Calmcare Naturals-opsie vir dierouers wat die suiwer kruie-benadering verkies.

Die halsbande is maklik om te gebruik en hou langer, maar nie alle diere hou van halsbande nie of as daar te veel halsbande is, is ’n produk wat in die nek gespuit word die antwoord. Een pipet hou ’n hele week en is maklik om te gebruik. Elke pakkie bevat drie pipette, wat beteken dat een pak drie weke se dekking sal bied.

Die Calmcare-kalmeertablet is natuurlik en smaaklik. Die bestanddele in die tablette bots ook nie met ander ondersteuningsmiddelle nie. Hulle kan dus saam gebruik word vir ’n beter resultaat.

Die ondersteuningsmiddels moet voor die verwagte geleenthede gebruik word aangesien hulle tyd neem om te werk. Dit moet ook oor tyd gebruik word sodat die dier aan ’n normale patroon gewoond kan raak. Die tablette kan teen ’n hoër dosis kort voor die verwagte geleentheid gebruik word, maar neem steeds ’n tydjie om te werk.

Die ondersteuningsprodukte moet saam met ander maatreëls, soos bestuur en gedragsverandering, gebruik word.

Dit klink dalk voor-die-hand-liggend om die situasie te bestuur, maar dit is dikwels die ding wat dierouers oorsien. Dit beteken eenvoudig dat jy fisieke veranderinge sal maak, soos om jou troeteldier in ’n stil plek te los waar hulle teen die negatiewe stimulus (harde geluide) beskerm word. Dit kan ’n goed verligte vertrek met gemaklike beddegoed en sagte musiek wees wat speel.

Om die situasie te bestuur, beteken ook dinge soos ’n gereelde roetine (diere verkies dit) en ook interaksie met hulle soos stappies of speeltyd. Dit raak werklik belangrik wanneer daar veranderinge in die huishouding is en die diere begin voel of hulle geïgnoreer word – wat tot aandagsoekerige gedrag lei.

Gedragsveranderings is ’n gedragsopleidingmeganisme waar die dier geleer word dat die verlangde gedrag beloon sal word en dat ongewenste gedrag vervang word met ’n gewenste gedrag (soos op verskeie TV-programme gesien).

Die beste benadering is ’n gekombineerde benadering en met ondersteuningsmiddels wat nou beskikbaar is, is die kanse soveel beter dat jy en jou dierkind gedurende hierdie stresvolle tye ’n gesonde en gelukkige verhouding sal hê.

Lees ook: Bestuur angs en stres in troeteldiere

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Die beste mediese fonds vir enkellopende vrouens

As enigste versorger, kan mediese uitgawes 'n groot impak op hul finansies hê, daarom is…

3 hours Gelede

8 maniere om kreatiwiteit in skole en tuis te kweek

In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is…

4 hours Gelede

Bateleur is voël van die jaar en top wyn-etiket

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts    Dis die Bateleur Chardonnay 2020 wat daardie gesogte…

18 hours Gelede

Vis: Kook een keer, eet drie keer

Nie seker wat om met oorskiet-vis te doen nie? Ons wys jou hoe jy een…

1 day Gelede

Gesonde rotskoekies

Bestanddele   325 ml (225 g) koekmeel ’n knypie sout 5 ml (1 t) koeksoda…

1 day Gelede

Outydse Toskaanse teekoekies

Bestanddele   900 g koekmeel 5 ml koeksoda 15 ml bakpoeier uitgedrukte sap en gerasperde…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.