Hierdie voorkoms word verkry deur natuurlike kleure soos wit, room, sagte gryse en natuurlike hout. Jou mure en vloere moet lig wees. Ligte houtvloere is veral geskik vir hierdie voorkoms en geverfde sementvloere dra tot die neigingby – solank dit lig is.
Tekstiele moet natuurlik, lig en gemaklik wees. Kies gordyne in plaas van blindings omdat dit jou omgewing ’n knus voorkoms gee. Natuurlike materiale soos linne of wol is ideaal.
Vermy sterk oorhoofse ligte en kies eerder staanlampe om spesifieke areas van die vertrek te verlig.
Rustieke Zen word nie gekenmerk aan oordadigheid nie, so kies jou bybehore volgens jou behoeftes. Hoe minder, hoe beter. Hou jou kleurpalet voortdurend in gedagte.
Verskaffers
www.woolworths.co.za