Die wêreldbekende prima ballerina van die St. Petersburg Ballet, Irina Kolesnikova, toer tans in Suid-Afrika as die vroulike hoofrol in Romeo & Juliette. Sy het ’n ongelooflike repertoire en haar eie geskiedenis lees soos ’n storieboek.
Irina is in St. Petersburg gebore en dans al sedert haar negende jaar deur die Vaganova Ballet Instituut, wat ook beskou word as die bakermat van Russiese ballet.
In 1998 gradueer sy van die akademie, waar sy onder Elvira Kokorina studier het. Daardie selfde Desember word sy in Konstantin Tachkin se St Petersburg Ballet teater as solis aangestel onder een van Rusland se grootste kunstenaars, Svetlana Efremova.
As gevolg van haar grasie en dansvermoeëns, word Irina baie vining tot een van die hoofdansers bevorder in 2000 en in 2001 word sy die geselskap se Prima Ballerina.
Haar repertoire sluit in:
Swan Lake – Odette/Odile;
Nutcracker – Clara;
Sleeping Beauty – Aurora;
Don Quixote – Kitri; en
La Bayadère, Paquita – Giselle, Nikyiya.
Dit is juis haar rol as Odette/Odile in Swanemeer wat Irina internasionale roem besorg het.
Ons het haar ’n paar vrae gevra:
Het die feit dat jy in Rusland grootgeword het, jou ’n spesiale voordeel gegee?
Ja, beslis. Veral St. Petersburg, waar ek vandaan kom! Klassieke ballet het sy oorsprong hier gehad… Die Vagnanova Instituut waar ek was, is deur Keiserin Anna in 1738 gestig.. Die tradisie en metodiek is spesifiek Russies, met eeue se ervaring. Maar die tegnieke wat jy vandag in Russiese ballet – en dus in die res van die Westerse kanon sien – het reg hier in St. Petersburg ontstaan.
Jou gunstelig rol?
Beslis Odette/Odille in Swanemeer: Twee rolle met verskillende tegnieke en emosies wat in een vertoning aangepak word. Dis uiters emosioneel uitputtende maar ook fisies geweldig uitdagend. Ek geniet egter ook die onnutsige Kitri in Don Quixote – sy’s netsoveel pret!
Jou gunstelingdansers?
Drie klassieke dansers wat aan dieselfde skool as ek studeer het: Nureyev, Baryshnikov, Nijinkski. Maar dan bewonder ek dansers van my era ook: soos Igor Zaklinksi van die Mariinnsky en een van my eie huidige dansmaats Vadim Muntagirov, wat tans die prinsipale danser by die Royal Ballet in Londen is. Uit ’n praktiese oogpunt gesien – ’n ballerina moet ’n spesifieke, gepaste dansmaat hê, een wat fisies by haar pas, wat sterk genoeg is om haar te lig, wat dieselfde soepelheid as sy het en ’n samehorigheid kan vorm. Jy wil veilig en sekuur voel dwarsdeur die deuts wat jy met ’n man dans, dit bring vertroue. Wat vrouedansers betref, hou ek van Maya Plisetsaya (Bolshoi).
Is ballet steeds relevant?
Ballet is besig om te ontplof! Teaters is aand na aand gepak. Die musiek, die puurheid, die emosie… niks verskag meer plesier en ontsnapping van die alledaagse nie. Vir my is daar niks beter nie!
Wat doen jy vir ontspanning?
Ek speel met my splinternuwe babadogter, ’n wonderlike ervaring. Ek wil nie eens meer inkopies doen nie! (Irina is ook lief vir handwerk doen.
Wat is die beste en slegste van ballet?
Die beste is die applous ná die intensiteit…Ek is versot op daardie laaste oomblikke op die verhoog wanneer die ergste intensiteit van die vertonging verby is, en mens vir die eerste keer die gehoor se waardering kan begin beleef. Dis ’n verligting en ’n vreugde wat nie beskryf kan word nie. Aand na aand.
Die ergste deel van ballet is die aanhoudende oefening, oefening, oefening… Om jou liggaam in topkondisie te hou verg ongelooflike opoffering en toewyding, asook ’n baie streng regime. So, geen sjokoladekoek! Wel, soms ’n klein stukkie as niemand kyk nie…