Rugbylegende Bakkies Botha op ‘Toks & Tjops’ in November

Bakkies Botha is ’n gas op Toks & Tjops van 1, 8, 15 en 22 November en hy gaan saam met die aanbieders die opbou na die drie toetse bespreek asook ontleding doen van die wedstryde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Bokke speel op 10 November teen Skotland op Murrayfield in Edinburgh, Skotland, op 16 November teen Engeland op Twickenham in Londen en op 23 November teen Wallis in die Principality Stadium in Cardiff, Wallis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bakkies het 85 keer vir die Bokke uitgedraf en is vandag nog bekend as een van die hardste spelers wat rugby nog ooit gesien het. Hy is as John Phillip Botha op 22 September 1979 gebore en het sy rugbyloopbaan by die Valke begin waarna hy vir die Blou Bulle begin speel het. Hy het op 9 September 2002 sy Springbokdebuut in Marseille in Frankryk gemaak en was in sy loopbaan lid van die Springspan wat in 2007 die Wêreldbeker en in 2004 en 2009 die Drienasies gewen het.

In 2011 het hy by die Franse rugbyspan Toulon aangesluit en in 2015 het hy sy toks opgehang en teruggekom na Suid-Afrika.

“Ek gaan lekker kuier saam met ou vriende en nuwes. Terwyl ons saam met die kykers bankvas agter die Bokke staan,” sê Bakkies oor sy verskyning op Toks & Tjops in November.

Vervaardiger Liebie Opperman voeg by: “Ons hele span by TNT sien vreeslik uit om een van die grotes van Springbokrugby, Bakkies Botha, as deel van die paneel in die losie te hê. Vaatjie gaan lekker vir hom vleis braai.”

“Ons is opgewonde om die rugbylegende Bakkies Botha vir die volgende paar weke as gasaanbieder by die Toks span te verwelkom. Ons glo dat kykers dit sal geniet om te sien hoe hy sy unieke insigte en charisma na die skerm bring,” sê Merveline Thorne, toesigvervaardiger by kykNET.

Toks & Tjops is Vrydagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Ontmoet Megan Vorster, ‘Binnelanders’ se vurige nuwe verpleegsuster

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Oscars-trend: Skitterende neutrale

Foto's: Getty Images     Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…

21 hours Gelede

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

4 days Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

4 days Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

4 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.