kategorieë: Ontspanning

Rugbydokumentêr huldig die 30 top-Springbokke van die laaste drie dekades

Vanjaar is dit 30 jaar sedert Suid-Afrika in 1992 ’n hertoetrede tot internasionale rugby gemaak het. Om hierdie herdenking te vier, het die Sondagkoerant Rapport vanjaar met die hulp van ‘n paneel kenners die top-30-Bokke van die afgelope 30 jaar gekies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanaf Maandag 19 Desember om 20:30 word die dokumentêre reeks Drie dekades se beste Bokke met Rapport op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai waarin hulde aan dié top-30 Springbokrugbyspelers gebring word. In elkeen van die uurlange episodes sal gekyk word na tien Springbok-rugbyspelers se loopbane. Daar is drie episodes in die reeks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die 30 Springbokke is deur ’n uitgelese paneel, saamgestel deur Rapport, gekies,” sê Dawie Boonzaaier, Rapport-joernalis en sameroeper van die paneel. “Die paneel bestaan uit vier voormalige Bok-afrigters, twee huidige Bok-hulpafrigters, twee voormalige Bok-kapteins en van die land se voorste rugbyskrywers. Hulle is gevra om die beste Bokke op ’n ranglys te plaas en so is daar by die top-30 uitgekom.”

Die lede van dié paneel was die oud-Bok-afrigters Jake White, Peter de Villiers, Nick Mallet en Carel du Plessis, die voormalige Springbokke Errol Tobias, Wynand Claassen en Theuns Stofberg, die Bok-hulpafrigters Mzwandile Stick en Deon Davids, die voormalige Cheetah-afrigter Peet Kleynhans, die joernaliste Hendrik Cronjé, Leighton Koopman, Bokkie Gerber, Vata Ngobeni, Simnikiwe Xabanisa en Brenden Nel en die rugbyhistorikus Albert Heenop. Albert Weidemann van Rapport was saam met Dawie Boonzaaier die sameroepers.

Daar is genoeg aksie om alle Springbok-ondersteuners vasgenael te hou, sê die regisseur van die reeks, Frankie Opperman.

“Ons het saam met Rapport en SuperSport gewerk om die beste foto’s en videomateriaal uit die argiewe te gebruik,” sê hy. “Verder het ons ook by die Ellispark-rugbymuseum en Ruck & Maul in Stellenbosch verfilm. ’n Baie spesiale element in die reeks is die fantastiese paneel van kenners waarmee ons onderhoude gevoer het. Elkeen deel hulle opinies en herinneringe van elkeen van die 30 Springbokke.”

Die kennerspaneel met wie onderhoude gevoer is, bestaan uit die voormalige Springbokke Breyton Paulse, Jannie du Plessis, Jean de Villiers, Krynauw Otto, Naas Botha, Werner Swanepoel en Wynand Claassen, die skeidsregter Jaco Peyper, die voormalige skakelbestuurder van die Springbokke Annelee Murray, die voormalige Springbokafrigter Peter de Villiers, die joernaliste Hendrik Cronjé, Simnikiwe Xabanisa en Leighton Koopman en die TV-aanbieder Janina Oberholzer.

Drie dekades se beste Bokke met Rapport begin op Maandag 19 Desember om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144). Daar is drie episodes in die reeks.

Lees ook: kykNET se Desemberdiewe is 2022 se goedvoel-Kersfliek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 mins Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.