Rug Teen Rug Musiek, die eerste platform wat onafhanklike Afrikaanse kunstenaars verteenwoordig in vennootskap met ontbytSAKE op kykNET, is trots om die nuutste enkelsnit van die talentvolle kunstenaar, Muller Brandt, ‘Esmari’ bekend te stel .
KYK: Muller Brandt – Esmari | Amptelike musiekvideo
Die liedjie is nou op alle groot digitale musiekplatforms beskikbaar.
Muller is bekend vir sy passievolle optredes by die BitterLekker-vertonings, wat al by verskeie feeste gehou is en hy bring ‘n vars, outentieke klank na Afrikaanse musiek.
Hierdie nuwe enkelsnit beloof om aanklank te vind by sy aanhangers, asook enige ander Afrikaanse musiekliefhebbers.
Louis McLaren, Hoof Vervaardiger van ontbytSAKE sê: “Ons is ongelooflik trots om Muller Brandt te ondersteun in hierdie nuwe hoofstuk as kunstenaar. Dié liedjie weerspieël alles waarvoor RugTeenRug Musiek staan – outentieke Afrikaanse musiek van hoë gehalte wat met die hart en siel van ons luisteraars praat.”
Lees ook: 10 redes waarom jy die Julie-uitgawe van rooi rose móét lees!