kategorieë: Ons menseBekendes

RSG se radiolegende Wouter de Wet is oorlede

RSG se radiolegende Wouter de Wet is oorlede. Foto’s: Verskaf deur RSG

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gewilde RSG-omroeper, Wouter de Wet, is oorlede na ’n stryd met longvlieskanker. Ilse Salzwedel het in 2015 met hom gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek wou net vir mense musiek speel”

Wouter de Wet, omroeper en musiekkenner. Hierdie onderhoud kom uit die rooi rose van Junie 2015

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wouter het as skoolseun in die destydse Suidwes-Afrika net een begeerte gehad: om klassieke musiekprogramme op radio aan te bied.

Nou, meer as vyf dekades later, leef hy steeds hierdie droom uit.

Wouter het ná ’n graad in radiowese aan die Universiteit van Kaapstad by die SAUK aangesluit en sedertdien by verskeie radiostasies gewerk.

Toe hy by Beeld gewerk het, het hy deeltyds uitgesaai.

Ons het ook baie jare na sy radiokommentaar vanaf Wimbledon geluister.

Die ATKV het hom in 2014 vir sy lewensbydrae tot die uitsaaiwese vereer. Hy vertel laggend dat hy ná sy aftrede ’n maand lank by die huis gebly het. “Ek het alles gedoen wat ek gedink het ek wil
doen, soos om na al my CD’s te luister, die boeke te lees waarvoor daar nooit tyd was nie en om my kaste reg te pak. Maar ná ’n maand was ek só verveeld. Toe gaan vra ek vir Terrance April,
programbestuurder by RSG, of ek net iets daar kan kom doen.”

Hy het aanvanklik dokumentêre programme en musiekreekse vir RSG gemaak, en toe is hy gevra om U Eie Keuse en Klassieke Keuse aan te bied. “Dit was só ’n groot eer. U Eie Keuse is reeds
sedert 1945 op die lug – ek het dit altyd saam met my ouma geluister, en dis waar my belangstelling in radio begin het.”

RSG se radiolegende Wouter de Wet is oorlede

Sedert 2010 bied Wouter Dis Opera aan en volgens Magdaleen Krüger, stasiebestuurder van RSG, is daar min mense met Wouter se musiekkennis en kundigheid.

Wouter het tot 2013 jaar gelede nog ligatennis gespeel maar ná ’n rugoperasie opgehou. Hy mis nie sommer ’n tenniswedstryd op TV nie en het verlede jaar weer op Wimbledon gaan tennis kyk.

Rugby is nog ’n groot liefde, vertel die “hartstogtelike Blou Bul”.

Hoe hou hy sy kop jonk? “Ek dink ek het dit by my ma geërf. Sy was ’n sterk vrou, positief, en iemand wat vir my baie terloopse lessies geleer het, soos om vir alles tyd te maak. Ek lees baie en
geniet veral biografieë en outobiografieë, oorsese operatydskrifte en John Grisham se boeke.”

Wouter en sy jare lange vriendin Verna Vels en hul vriend Bill Sharp het tot kort voor haar dood elke Vrydagoggend ’n kunsfliek gaan kyk.

Hy reis ook graag en sou hierdie Pase weer die Salzburgse Musiekfees bywoon.

“Ek was ook al dikwels in New York, net vir die teaters – elke middag ’n ander Broadwayvertoning, en saans is dit opera.”

Sy benadering tot beproewinge is eenvoudig: “Just get over it.

Hy glo goeie gene speel ’n rol, maar dat jou ingesteldheid bepaal hoe jy oud word. Die res skryf hy toe aan “genade, goeie gewoontes en matigheid in alles”.

Is daar iets van die moderne era wat hom koud laat? “Sosiale media. Ek kan nie gebodder wees nie. Ek lees veel eerder ’n boek en luister musiek.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.