Onthou, skuld straf jou twee keer, eerstens dat jy dit moet afbetaal en dan omdat jy ook rente op skuld betaal. Jy betaal dalk vandag nog af aan twee jaar gelede se Kersgeskenke!
Aangebied en geredigeer deur Anet Schoeman. Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hoe kan jy dit vir jou kind moontlik maak om te studeer sonder dat dit jou aftreegeld opslurp? Ons gesels ook oor goeie en slegte skuld vir jong werkendes en hoe hul leer om verantwoordelik met geld te werk.
Aangebied en geredigeer deur Anet Schoeman. Musiek deur Mart-Marie Snyman
Sit jy en jou tiener vas oor hoeveel geld op duur klere met handelsmerke spandeer kan word? Lizl Budhram, hoof van advies by Old Mutual sê jy kan baie onmin verhoed as jy vir jou tiener ‘n kleretoelaag vir die jaar gee. So leer hul om te begroot.
Aangebied en geredigeer deur Anet Schoeman. Musiek deur Mart-Marie Snyman
Onthou jy hoe opgewonde jy was oor jou eerste spaarbussie? En daai sakgeldjie wat soos ‘n fortuin gevoel het. Lizl Budram, hoof van advies by Old Mutual sê jy moet jong kinders van vroeg af die waarde van spaar leer om gesonde spaargewoontes te vestig.
Aangebied en geredigeer deur Anet Schoeman. Musiek gekomponeer deur Mart-Marie Snyman
Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en geldsake. Anet Schoeman praat met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hul finansieel verantwoordelik en paraat te maak. Nuwe episodes word elke tweede Vrydagoggend vanaf 6 Maart vrygestel.
Aangebied en geredigeer deur Anet Schoeman. Musiek deur Mart-Marie Snyman
Heelwat mense kom agter hul is onderverseker as die noodlot toeslaan. Wynand van Vuuren, hoof van regsafdeling by King Price versekeraars, wys die slaggate uit van korttermynversekering.
Ons gesels oor testamentêre of nadoodse trusts. Dis ‘n klousule wat jy in jou testament sit met instruksies om ‘n trust na jou dood te registreer sodat jou bates na jou afterwe bestuur kan word. Dit kan wees om te voorsien vir ‘n weduwee , minderjarige kinders of familielede wat liggaamlike of geestelike beperkinge het.
Hoe maak jy seker dat jou kinders finansieel versorg is en dat die beskikbare fondse korrek bestuur word? Kinders onder 18 kan nie erf nie en daarom is dit belangrik om voorsiening vir ‘n testamentêre trust te maak indien jy sterf terwyl jou kinders minderjarig is.
Daar is groot belastingsvoordele as jy en jou lewensmaat elkeen beleggings het. Ronel Ferreira, finansiële beplanner van Johannesburg, verduidelik hoekom elkeen sy eie bankrekening in ‘n huwelik moet hê.