kategorieë: Ons menseBekendes

#rrkitskuier met Loki Rothman en Marí Conradie

Deur Bea Lingenfelder en Corné Greeff. Hooffoto: Instagram @lokirothman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Loki en Marí is ’n paartjie met persoonlikheid – gemaklik, plat op die aarde en eerlik. Hulle ontmoeting was egter nie so “gemaklik” nie, maar vandag, drie jaar later, sou nie een van dié tweetjies dit anders wou hê nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Musikant en muskievervaardiger, Loki, is bekend vir sy buitegewone kitaartalent. Hoewel hy reeds in laerskool sy liefde vir musiek ontdek het, glo hy dat sy musiekloopbaan tydens sy deelname aan die realiteitsprogram, SA’s Got Talent, vlamgevat het. Vandag spog hy met toekennings soos Beste Solokunstenaar by Woordfees en hy vervaardig klankbane vir films soos Liewe Kersfeesvader en Thys & Trix.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marí het vinnig ’n oomblik afgeknyp tussendeur haar pligte as grimeerkunstenaar en stilis. Sy is al ongeveer twee jaar in hierdie bedryf waar sy met bekendes soos Minki van der Westhuizen en Rolanda Marais al gewerk het. Sy was ook betrokke by films soos Dis Koue Kos, Skat en is tans besig met die nuwe reeks van die realiteitsprogram, Boer Soek ’n Vrou, waar sy in sorg vir Leah se hare en grimering.

Met drukbesige skedules maak hierdie paartjie dat elke oomblik saam tel, dikwels met ’n pizza, glasie wyn en lekker geselskap. Kyk na ons video waar Loki en Marí  onder meer hul loopbaan- en verhoudingshoogtepunte deel en hul wenresep vir liefde verklap!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou ook dop vir ons deel twee waar ons die eindresultaat van Loki se grimeringsproses onthul en ’n paar geheime deel oor Loki se nuutste liedjie!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Pistasieneut-en-bosbessie-nougat

Genoeg vir 5 stafies.   Bestanddele   2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…

7 hours Gelede

Kinders verveeld? Hou hulle gelukkig en besig by hierdie Kaapstad-bestemmings

Baie van ons het verlede jaar ‘n klomp lesse geleer het, maar dit beteken nie…

7 hours Gelede

Vinnige varkworsies op pasta

Koop 12 goeie varkworsies en druk die vleis uit die derms vir vinnige frikkadelle.  …

8 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die mooimaakprogram ‘Stralend’ se Fafa de Klerk

Wanneer jou selfvertroue wankel en jy jou glans verloor, kan ’n bietjie hulp van kundiges…

10 hours Gelede

Mexikaanse eiers

Mexikaanse eiers   Genoeg vir 4.   Bestanddele   30 ml (2 e) avokado-olie +…

10 hours Gelede

Nektarientert

Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense.   Bestanddele   Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.