– Deur Corné Greeff en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Corné Greeff
Vir party mense kom “die perfekte selfie” makliker as vir ander. Deur na Alex se sosiale media en modelwerk te kyk, is dit duidelik dat hy ’n bobaas voor die kamera is. Volgens hom is die belangrikste element van ’n selfie die beligting. Kies ’n posisie waarin jy selfversekerd voel, draai jou kop effens skuins en laat sak jou skouers sodat jy gemaklik voorkom.
Lees ook: Agter die skerms: “Lyk goed op foto’s”
https://www.instagram.com/p/BdptFZhh1U3/?taken-by=alex_kotze
As dit by sy gesondheid kom, volg Alex ’n streng diëet en oefenroetine. Hy glo die geheim lê in hoe effektief jy oefen eerder as hoe lank. Sy plaaswerk help hom dikwels om getrou in ’n oefenroetine te bly. Alkohol was een van die belangrikste goed wat hy uit sy leefstyl moes sny, omdat dit teen al die beginsels van ’n gesonde leefstyl werk. Hy glo egter ’n geleendheidsdrankie kan nie skade doen nie. In dieselfde asem beklemtoon hy hoe belangrik water is en hoe jy steeds na jou lyf moet luister – rus genoeg.
Besoek die K2Twins se webblad om hul wenke en ervaringe dop te hou en raad te vra oor ’n gesonder leefstyl.