kategorieë: Bekendes

Rozanne McKenzie se troue

Twiet tweeet! Heen en weer het Bobaas-twieter en TV-aanbieder, @RozMcK, alias Rozanne McKenzie, die kykNET-programme Kwêla en Dagbreek se glimlagmeisie, se paniekerige twiets gevlieg aan die vooraand van haar vertrek na Engeland om daar met die Franse horingspeler Chris Bishop te gaan trou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dis haar rok, slapelose nagte en ’n maagvirus wat haar op die nippertjie platgetrek het, wat haar so laat stres het. Maar gelukkig was haar rok pragtig en sy teen middel Desember gesond en gereed om met haar Melissa Botha-skepping onder die arm op die vliegtuig te klim, betyds vir die seremonie in Januarie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Drie jaar gelede het Chris my met ’n besoek aan Engeland na Bearwood College in Workingham, Berkshire, geneem. Ons was toe nog nie eens verloof nie, maar ek het hom dadelik ingelig dat as ons eendag trou, dit in hierdie ongelooflike gebou gaan wees. Al is dit in die parkeerterrein! Bearwood is in 1830 gebou en lyk soos ’n statige ou kasteel. Dis so 68 km buite Londen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bearwood was dit toe, al moes sy tevrede wees met die een datum wat sy kon kry, winter of nie: 4 Januarie 2013. Haar noupassende rok is in ‘n asimmetriese styl en het net een skouer. Dis van ru-sy gemaak en met fyn kristalle en kralewerk versier. Sagte metaal en organza is vir die sleep gebruik.

“Melissa is so kreatief. My rok was alles wat ek in my verbeelding gesien het en nog meer. Dit het ongelooflik gelyk!”Haar ma, Ann, ’n verpleegster, woon al tien jaar in Engeland, en sy en Chris se ouers, Bob en Jan, het gehelp om die troue vir sestig gaste haarfyn te beplan. Rozanne wou die dekor minimalisties hou omdat die negentiende-eeuse gebou ’n baie ryk, luukse interieur het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“My tema was wit, silwer en swart. Die troue het volgens die tradisionele Britse styl verloop. “Daar hou hulle twee seremonies en ná die geregtelike seremonie kon die gaste om drie-uur aansit vir ’n ete wat onder meer hoender in parmaham met dauphinoise-aartappels ingesluit het. Vroegaand was daar weer ’n ligte onthaal en daarna het die gaste dit op die dansvloer uitgekap.”

Die hoogtepunt van haar troue was die oomblik toe sy met haar ma aan haar sy na Chris aangestap het. “Ek het tonnelvisie gehad. Ek en Chris het die vorige middag al vir mekaar tot siens gesê en ek het hom eers weer by die seremonie gesien. Sy gesig was ’n prentjie. Daar was ’n hele paar trane toe ons ons huweliksbeloftes moes aflê. Maar dit was steeds soos ’n sprokie – ek was emosioneel, senuweeagtig, maar super-gelukkig. Dit het nie gereën nie en ons kon ons foto’s buite neem! En by die onthaal het ek en Chris se eerste dans my soos ’n prinses laat voel!”

Maar voor Rozanne haar kop vol trou-drome kon prop, moes sy eers baie hard werk Sy is sedert 5 November verlede jaar deel van kykNET se Dagbreek-span.

“Ek staan nou soggens drie-uur op! Dit beteken ek moet die vorige aand op die laatste nege-uur in die bed wees. Ek reël dat ek vroeg by gesellighede wegkom. Dis ’n hele omwenteling in my lewe!”

Die nuwe pos as aanbieder van die ontbytprogram was vir haar ’n kompliment. Die res van die span bestaan uit die aktrise en radio-persoonlikheid Bettie Kemp, Elma Smit, verlede jaar se wenner van LadyRugga, Harald Richter van Villa Rosa-faam, Pierre Breytenbach van Proesstraat en die TV-aan-bieder Dalen Lance.

Haar nuwe pos pas haar perfek, want nie net laat die regstreekse uitsending haar adrenalien pomp nie, maar sy is ook versot op nuus en het in elk geval altyd seker gemaak dat sy op die hoogte bly.

Dis vir haar ’n eer om saam met iemand te werk wat so ervare soos Bettie is.

“Om nuus te lees is die vreesaanjaendste ding op aarde en sy is so koel en kalm! Ek leer baie by haar.”

Rozanne het ná haar honneursgraad eers ’n jaar voor ’n klas as onderwyseres deurgebring en ook in die korporatiewe wêreld ’n draai as lektrise gemaak voor die kollig haar finaal geroep het.

“Veelsydig” is die perfekte woord om die aanbieder en die verhoog-, TV- en rolprent- aktrise en voormalige danseres (sy het haar dansskoene opgehang) mee te beskryf. Sy doen ook vryskutwerk as stemkunstenaar en seremoniemeester en is in musiekvideo’s en advertensies te sien. As jy na die inligtingsvideo’s van die Gautrein kyk, sal jy haar stem en gesig herken.

“My ma het my geleer ’n mens gee nie op nie,” vertel die meisie wat in Bonteheuwel grootgeword het en van kleins af haar ma bewonder het.

“Sy was ’n enkelma en toe ek klein was, het sy met huise begin spekuleer. Sy het my deursettingsvermoë geleer.”

Dit is haar geliefde Chris wat haar “histeriese geaardheid” in toom hou, sê sy: “Hy is baie rustig. Niks kan hom van stryk bring nie. Hy is baie geduldig met my en boonop dink hy ek is die beste en mooiste ding wat hy nog gesien het. Hy is my heel beste vriend.”

Sy is 30 en hy 33 en hulle is klaar broeis: “As alles reg uitwerk, wil ons sommer volgende jaar al ouers word.”

Chris speel die Franse horing en gee klas in die instrument. Hy is ook die artistieke bestuurder van die MIAGI-jeugorkes.
“Ek was nie voorheen ’n ernstige klassieke musiekliefhebber nie, maar danksy Chris het ek ’n wonderlike wêreld ontdek. Ek kan ure lank sit en kyk hoe hulle oefen. In die vier jaar wat ons saam is, het ek ’n diep waardering vir die musiek ontwikkel. Nou is ek verslaaf aan komponiste soos Tsjaikowski en Rach-maninoff.”

Op haar Twitter-blad skryf sy ook dat sy verslaaf is aan “mooi skoene, lekker kos, haar geliefde Chris, en ’n goeie Margarita … Maar nie noodwendig in daardie volgorde nie!”

Sy is gesteld daarop om haar prioriteite in orde te hou. Sy maak genoeg tyd om saam met Chris deur te bring. Dit sal altyd die kroon op hul verhouding bly, vertel sy.

Terug by die huis het Rozanne gou laat weet: “Dit voel nog nie soos die werklikheid nie. Ek het by ons droomtrouplek met my droomman getrou met almal wat ons liefhet, by ons. Alles was volmaak. Nou is dit tyd om ons lewe saam te begin. Ek kan nie wag nie!”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.