kategorieë: DekorLeefstyl

Rottang

6 wenke om rottang-meubels te versorg

1 Hou dit stofvry

Om stof op die oppervlak te verwyder, kan jy die meubels met ’n sagte stofsuig-borsel suig. Om koppige stof en hare te verwyder, gebruik ’n skoon verfkwas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Hou dit skoon

Vee enige spatsels met ’n skoon lap af wat in ’n ligte skoonmaakmiddel gedoop is. Rottang kan ook buite skoongemaak word deur ’n tuinslang te gebruik. Gaan sagkens te werk omdat ’n sterk stroom water die bedekking kan laat lig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Beheer humiditeitvlakke

Lae humiditeitvlakke kan die rottang laat uitdroog, maar hoë vlakke kan muf en meeldou veroorsaak. Plaas jou meubelstuk in ’n area met goeie lug vloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Verwyder muf en meeldou

As jy muf of meeldou opmerk, maak dit onmiddellik skoon met ’n mengsel van bleik en water. Stofsuig dit eers. Gebruik daarna ’n sagte borsel om die aanpaksels en muf te verwyder. Was dan met die bleik-oplossing en spoel goed af. Laat dit behoorlik droog word in die skadu.

5 Beskerm rottang teen die weer

Moet nooit hierdie meubels aan erge weersomstandighede soos son, reën of wind blootstel nie. Die son sal die meubels laat uitdroog en die areas waar dit geheg is, laat loskom. Die rottang kan ook agteruitgaan as gevolg van oormatige vog en reën wat dit sal laat skeeftrek.

6 Antieke rottang

As jou erfstukke geverf, afgeskilfer of antiek sjiek is, is dit steeds baie waardevol. Dit behoort te alle tye binnenshuis gehou te word. Antieke rottang kan ’n fokuspunt in enige vertrek wees

Verskaffers

The Decor Shop: www.thedecorshop.co.za
Cane Furniture Cape Town: www.gnrsa.co.za
Block&Chisel: www.blockandchisel.co.za
Cane World: info@caneworld.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn
Tags: meubelswenke

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

3 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

3 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

3 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

3 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

4 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.