6 wenke om rottang-meubels te versorg
1 Hou dit stofvry
Om stof op die oppervlak te verwyder, kan jy die meubels met ’n sagte stofsuig-borsel suig. Om koppige stof en hare te verwyder, gebruik ’n skoon verfkwas.
2 Hou dit skoon
Vee enige spatsels met ’n skoon lap af wat in ’n ligte skoonmaakmiddel gedoop is. Rottang kan ook buite skoongemaak word deur ’n tuinslang te gebruik. Gaan sagkens te werk omdat ’n sterk stroom water die bedekking kan laat lig.
3 Beheer humiditeitvlakke
Lae humiditeitvlakke kan die rottang laat uitdroog, maar hoë vlakke kan muf en meeldou veroorsaak. Plaas jou meubelstuk in ’n area met goeie lug vloei.
4 Verwyder muf en meeldou
As jy muf of meeldou opmerk, maak dit onmiddellik skoon met ’n mengsel van bleik en water. Stofsuig dit eers. Gebruik daarna ’n sagte borsel om die aanpaksels en muf te verwyder. Was dan met die bleik-oplossing en spoel goed af. Laat dit behoorlik droog word in die skadu.
5 Beskerm rottang teen die weer
Moet nooit hierdie meubels aan erge weersomstandighede soos son, reën of wind blootstel nie. Die son sal die meubels laat uitdroog en die areas waar dit geheg is, laat loskom. Die rottang kan ook agteruitgaan as gevolg van oormatige vog en reën wat dit sal laat skeeftrek.
6 Antieke rottang
As jou erfstukke geverf, afgeskilfer of antiek sjiek is, is dit steeds baie waardevol. Dit behoort te alle tye binnenshuis gehou te word. Antieke rottang kan ’n fokuspunt in enige vertrek wees
Verskaffers
The Decor Shop: www.thedecorshop.co.za
Cane Furniture Cape Town: www.gnrsa.co.za
Block&Chisel: www.blockandchisel.co.za
Cane World: [email protected]