1 Voorverhit die oond tot 140 °C. Doen dit reg “Seeskuimdigtheid” is wanneer die mengsel ’n duidelike dik streep maak wanneer dit opgelig en gedrup word.Rooswater-makrolletjies
Ingredients
Instructions
2 Voer 4 groot bakplate met bakpapier uit en sit ’n 804- grootte spuitpunt (omtrent die grootte van ’n 20c-stuk) aan ’n groot spuitsak.
3 Sif die gemaalde amandels en versiersuiker 3 keer saam en pas die gewig aan om ’n eindgewig van 300 g te kry.
4 Klits 55 g van die eierwitte in ’n elektriese menger tot sagtepuntstadium. Gooi 15 g strooisuiker geleidelik by en klits tot glad.
5 Verhit die res van die strooisuiker en water in ’n kastrol oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhoog die temperatuur en laat die stroop tot 113 °C kook. Gooi die suikerstroop in ’n dun straal by die geklopte eierwitte. Klits tot die mengsel afgekoel is.
6 Meng die oorblywende 55 g eierwitte en rooswater by die amandelmengsel in. Kleur soos verkies. (Onthou, die eierwit gaan die kleur aansienlik ligter maak, gooi genoeg kleursel by.)
7 Vou 1/3 van die meringue by die amandelmengsel in. Vou dan die res van die meringue versigtig by tot dit amper die digtheid van seeskuim het. (Wees versigtig om dit nie te oorwerk nie, anders gaan die makrolletjies net uitloop.)
8 Skep die mengsel in ’n spuitsak en spuit sirkels van so 2,5 cm op die bakplate.
9 Bak vir 15-20 min. afhangende van jou oond. Laat op die bakplate afkoel.
10 Meng die roomkaas en ’n paar druppels kleursel met ’n elektriese menger tot effens sag.
11 Vul net voor opdiening. Skep die roomkaasmengsel in ’n spuitsak en spuit sowat 10 ml (2 t) op een helfte van die makrolletjies. Druk die ander helftes versigtig bo-op.