kategorieë: GebakKos

Rooswater-en-amandel-koek

Wees op die uitkyk na roosvormige silikoonpannetjies by spesialiteitsbakwinkels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 225 g (435 ml) bruismeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • ’n knypie sout
  • 100 g gemaalde amandels
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • 2 eiers
  • 45 ml (3 e) heuning
  • 250 ml (1 k) ongegeurde jogurt
  • 150 ml sonneblomolie
  • gerasperde skil van 1 lemmetjie

Rooswaterstroop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 150 ml water
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • sap van 1 lemmetjie
  • 45 ml (3 e) rooswater

Versiering

  • 50 g pistasieneute
  • ’n hand vol droë of vars roosblare

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer een 22 cm-koekpan.
    Sif die bruismeel, bakpoeier en sout. Roer die strooisuiker en gemaalde amandel by.
  2. Meng die eiers, heuning, ongegeurde jogurt, sonneblomolie en lemmetjieskil. Maak ’n holte in die middel van die gesifte droë bestanddele en voeg die eiermengsel by. Meng met ’n draadklitser tot net gemeng.
  3. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir 50 min. tot goudbruin of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir 20 min. in die pan afkoel.
  4. Rooswaterstroop. Verhit die water en suiker in ’n kastrolletjie oor lae hitte tot die suiker opgelos het.
  5. Voeg die lemmetjiesap by en kook vir 3-5 min. of tot die stroop met die helfte afgekook het. Haal af en laat eenkant afkoel. Voeg die rooswater by die afgekoelde stroop.
  6. Druk met ’n dun toetspen klein gaatjies in die koek en gooi die stroop oor.
  7. Strooi die pistasieneute en roosblare oor die koek.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

3 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.