Deur Vickie de Beer. Foto deur Neil Corder
Croutons Sny ’n middelslag-ciabattabrood in dik snye en breek elke sny in happiegrootte stukkies. Verf met olyfolie en bak vir ±10 min. by 220ºC tot goudbruin en bros. Jy kan dit in ’n lugdigte houer in die yskas hou en ook in slaaie gebruik. Vorms Vir ’n spesiale geleentheid kan jy vorms soos sterre en hartjies met ’n koekiedrukker uit ’n sny brood druk, sprinkel olyfolie en sout oor en bak soos die croutons. Laat dit op die sop dryf. Parmesaanroosterbrood Dukkahroosterbrood Roosterbroodjies
Ingredients
Instructions
Voorverhit die oond tot 220 ºC. Sny ’n middelslag-ciabattabrood in ±12 snye en verdeel 500 ml (2 k) parmesaan tussen die snye brood. Sit op ’n bakplaat en bak tot goudbruin en bros.
Volg dieselfde metode as die parmesaanroosterbrood, sprinkel net olyfolie oor die brood en 5 ml (1 t) dukkah per sny.
Lees ook: Basiese roomsoppe