Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 30 ml (2 e) olyf of avokado-olie
• 500 g steak, in blokke gesny
• 250 g (1 pak) knopiesampioene, gesny
• 1 ui, gesny
• hand vol tiemieblare
• 1 knoffelhuisie, gekneus
• 1 x 400 g-blik heel tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
• sout en gemaalde swartpeper
Roosmarynkluitjies
• 340 ml (1¼ k + 2 e) bruismeel
• 2 roosmaryntakkies, blare afgestroop, gooi die harde takkies weg
• knypie sout
• 125 ml (½ k) botter
• 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) water
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte en braai die steak daarin tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant. 2 Braai die sampioene, ui, tiemie en knoffel tot goudbruin. Voeg die tamaties en steak by en geur na smaak. Prut vir 10 min. Trek van die hitte af. 3 Kluitjies: meng die bruismeel, roosmaryn en sout. Vryf die botter by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Gooi genoeg van die water by om ’n gladde deeg te vorm. 4 Skep die bredie in ’n oondvaste bak. Rol die deeg in balletjies so groot soos gholfballe en sit op die bredie. Bak vir 45 min. of tot die vleis sag en die kluitjies gaar is.