Voorverhit die oond tot 180 °C.Roosmarynkluitjies op ’n bredie
Ingredients
Instructions
1 Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte en braai die steak daarin tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
2 Braai die sampioene, ui, tiemie en knoffel tot goudbruin. Voeg die tamaties en steak by en geur na smaak. Prut vir 10 min. Trek van die hitte af.
3 Kluitjies: meng die bruismeel, roosmaryn en sout. Vryf die botter by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk. Gooi genoeg van die water by om ’n gladde deeg te vorm.
4 Skep die bredie in ’n oondvaste bak. Rol die deeg in balletjies so groot soos gholfballe en sit op die bredie. Bak vir 45 min. of tot die vleis sag en die kluitjies gaar is.