Serves:Genoeg vir 8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Jy kry vlekvryestaal-horinkievorms by bakwinkels. Ons het met ’n bosseleer-rolstok mooi patrone op die horinkies uitgerol net toe hulle uit die oond kom.
2 eierwitte
100 g strooisuiker
50 g (80 ml) meel, gesif
45 ml (3 e) botter, gesmelt
Wafels
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) koeksoda
10 ml (2 t) suiker
’n knypie sout
2 eiers
90 g botter, gesmelt
430 ml (1¾ k) karringmelk
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier of ’n silikoonmat uit. 2 Klop die eierwitte tot stywepuntstadium en vou die helfte van die suiker in. 3 Klop weer tot stywe punte vorm en vou die oorblywende suiker in. 4 Vou die meel en botter versigtig in. 5 Smeer 45 ml (3 e) van die beslag in ’n sirkel (12 cm in deursnee) op die bakpapier en bak vir 3-4 min. of tot goudbruin. 6 Verwyder versigtig van die bakplaat en vou dit om die roomyshorinkie te vorm. Laat afkoel.
Wafels
1 Sif die meel, koeksoda, suiker en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die eiers, botter en karringmelk by tot die beslag glad is. Laat vir 10 min. rus. 2 Spuit ’n voorverhitte wafelpan goed met kleefwerende kossproei en gooi 125 ml (½ k) beslag in die pan. 3 Braai vir 3-4 min. of tot goudbruin en bros.