JY KAN maklik jou eie geure skep
Koop goeie roomys, laat staan by kamertemperatuur sodat dit effens sag word en roer lekkergoed daardeur. Laat weer vries en siedaar!
Probeer dié kombinasies
• Roer suurlemoensmeer (lemon curd), klapperskaafsels en meringuestukkies deur.
• Roer gekapte pepermentsjokolade, Whispers en 100 g gesmelte melksjokolade deur.
• Roer frambooskonfyt en vars frambose deur.
• Roer ’n gekapte Crunchie of heuningkraaklekkers, geroosterde haselneute en gesmelte witsjokolade deur.