kategorieë: Ons mense

Rooiwarm man: Louw Venter

Foto deur: Johan Wilke
Het jy die rol van speurder De Wet in Deon Meyer se fliek, Die Laaste Tango, geniet?
Ek geniet elke rol wat ek vertolk. Maar dis dalk nie die regte woord vir die spesifieke rol nie. De Wet is ’n diep geteisterde man met baie demone en skaduwees, en dit  was ’n uitdagende, donker karakter om te vertolk. Dit het my fisiek en emosioneel uitgeput, want ek moes my in daardie donker plek indink om die karakter geloofwaardig te maak, maar ek het van die rol gehou. Ná die verfilming het ek nogal gesukkel om terug te kom na die “lig en lekker” van die lewe. Ek het ook daarvan gehou om die rol te vertolk van ’n Afrikanerpolisieman en om hom met waardigheid en dimensie uit te beeld. Die holruggeryde beeld van die Afrikaner-polisieman in die apartheidsera is al in so baie flieks uitgebeeld, soos my karakter in Black Butterflies (Paula van der Oest se fliek oor Ingrid Jonker) en dit maak my eintlik siek. In Die Laaste Tango het ek die geleentheid gehad om ’n meer menslike kant van dié stereotipe te wys. Dit was ook ongelooflik om saam met Antoinette Louw (Ella) te speel en ek is mal oor Deon Meyer.

Sal Deon Meyer-aanhangers van die fliek hou?
Ek hoop so! Ek dink die kanse is goed omdat dit sy oorspronklike draaiboek is en die storielyn baie na aan die spanningsverhale is waarvoor hy so gewild is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mense het jou leer ken as Corné van Corné & Twakkie in The Most Amazing Show. Is daar meer aan jou as snaaks wees?
Humor is deel van my lewe. Almal hou daarvan om te lag en gevolglik is dit ’n wonderlike aanknopingspunt. Ek was een van daardie klasnarre op skool – eintlik maar net ’n manier om in te pas en myself te beskerm. Later het ek ook besef dat humor baie doeltreffend gebruik kan word om moeilike issues aan te pak. Lag help nie net om te ontspan nie, dis bevrydend. Daar is baie meer aan my en almal wat humor in hul werk gebruik. Om regtig snaaks te wees moet ’n mens jou gesonde verstand kan gebruik en insig hê. Daar is soveel krag in humor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy mense kleintyd al vermaak?
Ja, ek het toe al konsert gehou. Ek en my niggie Martea se Swanemeer op my oom se grasperk in Potchefstroom word nou nog as een van die mees aardskuddende produksies erken. Blykbaar was ek nogal ’n sweet seuntjie, na aan my ma. Ek het ’n obsessie met ballet gehad nadat ek Mikhail Baryshnikov in White Nights gesien het. My ma het gedink dis cute, maar my oupa het wit om die lippe geword wanneer ek ’n pirouette probeer doen het. Ek was mal oor teken ook en het gedink ek sou eendag ’n beroemde kunstenaar word. In my hoërskooljare het ek soms deurnag geskets, maar toe was ek glad nie meer cute nie! Om eerlik te wees: ek was ’n mislike tiener en kan nou nog nie glo dat ek puberteit oorleef het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat het jy by jou ouers geleer?
My pa, De Waal Venter, is ’n skrywer en digter en by hom het ek geleer om woorde lief te hê en taal te respekteer. Hy het ook vir my die wonderlikste stories vertel en my verbeelding geprikkel. My ma, Erla, is ’n arbeidsterapeut wat by Sterkfonteinhospitaal gewerk het, en as seuntjie is ek soms saam met haar werk toe. Daar het ek geleer dat ’n geestesversteuring maar net ’n siekte of ’n simptoom is en dat alle mense waardigheid en liefde verdien. My ouers was effe aweregs en dit was nie altyd maklik om in te pas in ons konserwatiewe gemeenskap nie, maar ek sal my geskiedenis vir niks ter wêreld verruil nie.

Vertel my meer van jou vrou, Janine?
Janine was my suster se buurvrou. Ek was in die Kaap vir ’n show en ’n paar dae voor ek moes terugry Johannesburg toe het die beeldskone meisie van langsaan kom aanklop om seker te maak dat ek die volgende aand by haar boetie (nou my swaer) se partytjie sou wees. Ek het gesorg dat ek daar is en dié aand het die vonke gespat! Die volgende dag het ek besluit om ’n bietjie langer in die Kaap te kuier, en nog ’n week later het ek my ander suster in Johannesburg gebel en gevra om my huis op te pak en alles af te stuur Kaap toe! Ek het my vrou gekry en was nie van plan om haar ooit te laat gaan nie. Dit was veertien jaar gelede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En jul kinders?
Gabriel (10) en Rose (7) is wonderlik! Slim, kreatief, liefdevol … Maar die hemel weet, ek verstaan nou hoekom my ma partykeer sulke donker kringe onder haar oë gehad het! Slim en kreatiewe kinders is nie vir sissies nie, maar ek is so trots op hulle ek kan bars.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Wenke om julle huweliksboot weg van die rotse te keer

Deur LUISA VAN DER LINDE  Ervaar jy nog vreugde in jou verhouding en is dit…

9 hours Gelede

Geroosterde hoender: Kook een keer, eet drie keer

Wonder jy wat om met oorskiethoender te doen? Ons drie maniere om een lekker geroosterde…

14 hours Gelede

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

4 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

4 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.