Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei twee 20.5 cm koekpanne voor. 1. Breek die eiers in `n middelslag glasbak en klits liggies. Voeg die olie karringmelk, appelasyn, vanielje en voedselkleursel by en meng goed saam. 2. Sif die koekmeel , suiker, kakao, koeksoda en sout saam in `n groot mengbak. Maak `n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die eiermengsel by. Gebruik `n draadklopper en meng goed deur. Die mengsel is baie loperig. 3. Verdeel die beslag tussen die voorbereide pannetjies. Bak in die voorverhitte oond vir 30 min of tot `n toetspen wat in die middel gedruk word skoon uitkom. As die koek liggies in die middel gedruk word moet dit terug wip. Laat die koek vir 10 min in die pannetjies afkoel en keer dan uit op `n draad afkoelrak. 4. Maak die versiersel terwyl die koek bak. Meng die roomkaas liggies tot glad en voeg dan die versiersuiker by. Plaas in die yskas tot benodig. 5. Smeer `n dik laag versiersel op een van die koeke. Plaas die ander koek bo-op en druk liggies vas. Bedek die hele koek met `n dunlaag versiersel. Skep 2/3 van die versiersel in `n spuitsak met `n sterpunt en hou in die yskas tot benodig. Spuit roos vorms oor die koek en hou in die yskas tot bedien.