Rooibostee-en-jogurt-koek met ricotta-en-mascarpone-versiersel
Serves:Genoeg vir 1 middelslag-koek van 20 cm met 3 lae.Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 300 g botter
• 300 ml rooibostee
• 356 g bruismeel
• 420 g strooisuiker
• knypie sout
• 1 ml (¼ t) wonderpeper
• 1 takkie roosmaryn, gekap
• 3 eiers, geklop
• 150 g tuisgemaakte jogurt (*sien onder)
Room
• 400 g ricotta
• 400 g mascarpone
• 60 ml (¼ k) versiersuiker
• gerasperde skil van 1 lemoen
Tooisel
(Die tooisels is opsioneel, maar dit maak die koek ekstra spesiaal)
• 1 vars heuningkoek
• 60 ml (¼ k) heuning
• 1 lemoen, in ringe gesny
• 45 ml botter
Instructions
1 Verhit die oond tot 170 °C. Voer 3 x 20 cm-losboom-koekpanne met bakpapier uit en smeer met botter. 2 Smelt die botter in die verhitte rooibostee en hou eenkant. 3 Sif die bruismeel, strooisuiker, sout, wonderpeper en roosmaryn saam. 4 Klits die botter-en-rooibos-mengsel met ’n elektriese menger of handklitser by die meelmengsel. 5 Voeg die eiers een vir een by terwyl jy deurentyd klits. Voeg die jogurt by en klits saam tot goed gemeng. 6 Verdeel die koekbeslag tussen die koekpanne. 7 Bak vir 30 - 35 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Room
1 Meng die ricottakaas, mascarpone, versiersuiker en lemoenskil liggies saam - moenie te veel meng nie. 2 Smeer die versiersel oor elke koeklaag. Stapel die koeklae op ’n koekstander of dienbord opmekaar en voltooi met ’n laag ricottaversiersel. 3 Karamelliseer die lemoenringe aan albei kante in die gesmelte botter. Laat afkoel. 4 Versier die koek met die lemoenskywe en vars heuningkoek en gooi die heuning oor.
*Maak jou eie jogurt
Genoeg vir sowat 1 liter
1 Verhit 2 liter (8 k) volroommelk in ’n groot kastrol oor matige hitte. Laat die melk liggies prut en ’n vel vorm. 2 Trek van die hitte af en laat afkoel totdat jy jou vinger kan indruk sonder om te brand. 3 Meng 250 ml van die louwarm melk en 125 ml (½ k) volroomjogurt in ’n bakkie. 4 Gooi die melk-en-jogurt-mengsel terug in die kastrol. Roer eenmaal. 5 Gooi die mengsel in gesteriliseerde flesse of in een groot fles en seël dig. 6 Sit die flesse in ’n kastrol vol warm water en laat die jogurt vir 18 uur daarin “broei”. 7 Haal uit die kastrol en hou in die yskas.