Rooi Thai kerriesous
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) botter
- 1 ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- 3 cm vars gemmer, gerasper
- 1 brandrissie, fyn gekap
- 15 ml (1 e) meel
- 6 e rooi Thai-kerriepasta
- 2 x 400 g klappermelk
- ’n groot hand vol vars kruisement, koljander- en basiliekruidblare
Instructions
- Soteer die ui, knoffel, gemmer en brandrissie in die botter tot sag en deursigtig. Voeg die meel by en roer tot dit met die botter bedek is.
- Voeg die kerriepasta by en braai vir ’n minuut of twee oor lae hitte.
- Voeg die klappermelk by en meng goed. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Laat oor lae hitte prut tot die sous effens verdik.
- Voeg die kruie net voor opdiening by.
Rooi Rose
Lees Meer
5 smullekker slaaie
22/01/2025
Hoender-en-kekerertjie-kerrie
15/01/2025