Op Vrydag 11 April 2014 is die tydskrifte in Caxton se stal met toekennings in verskeie afdelings toegeken. rooi rose het weggestap met 4 GOUE toekennings en 7 SILWER toekennings waarop ons uiters trots is.
Die afdelings waarin ons gewen het:
Beste in Skoonheid (Goud) – Suzanne Kotzé vir ‘ABC van teenveroudering’
Beste in Dekor en Tuine (Goud) – Cornél Dunn vir ‘Planne met patrone’ en ‘Weelderig in wit’
Foto van die Jaar (Goud) – Jon Cottam vir ‘Fyntrap’
Stilis van die Jaar (Goud) – Vickie de Beer, kosredakteur
Vickie de Beer, kosredakteur
Ons het Silwer ontvang vir:
Beste in Kos (Silwer) – Vickie de Beer vir “Maak die lekkerste roomys”
Beste Mode-artikel (Silwer) – Susra Matthee vir “Skaakmat!”
Beste in Skoonheid (Silwer) – Suzanne Kotzé vir ‘Jy kan glansryke haarstyle skep’
Beste Opskrif of Prikkel (Silwer) – Krisjan Fourie vir ‘Waar de joos is Tonteldoos?’
Skrywer van die Jaar (Silwer) – Ilze Salzwedel
Ontwerper van die Jaar (Silwer) – Linda Ehlers
Opkomende ster (Silwer) – Anelle Mostert, produksiehoof
Klik hier vir die volledige lys wenners van Caxton.