Posisie: Digitale inhoudsvervaardiger vir rooi rose
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:
- Die opdatering en oorsig van aanlyn inhoud, wat weeklikse nuusbriewe en bykomende sosiale media-inhoud insluit
- Bestuur en beplanning van digitale redaksionele inhoud
- Dinkskrum en produksie van vars en relevante inhoud vir digitale lesers
- Bestuur van sosiale-media-platforms
- Verbetering van lesersyfers op die digitale platform
- Skakeling met advertensiespan en skep van inhoud vir kliënte wanneer nodig
- Bestuur van alle aanlyn kompetisies en kommersiële inhoud
- Bewustheid van digitale neigings om die webwerf lewendig en interessant te hou
- Kan gewilde inhoud bestuur en opdateer
- Produksie van oorspronklike redaksionele inhoud en voer van onderhoude
- Lewer van verslae en bestuur van alle video-inhoud.
Vereistes
- ’n Tersiêre kwalifikasie in joernalistiek, met ’n sterk belangstelling in die digitale sfeer, spesifiek sosiale media
- 1 tot 2 jaar se skryfervaring vir ’n publikasie
- Uitstekende Afrikaanse skryfvaardighede
- Organisatoriese vaardighede
- Proaktief en self-gedissiplineerd
- In staat om onder spertyddruk te werk
- Vertroud met digitale neigings en kan saam met die digitale redakteur werk om die digitale syfers te verbeter.
Stuur asseblief jou CV en dekbrief na [email protected]
Sluitingsdatum: 31 Augustus 2022