kategorieë: FiksheidGesondheid

rooi rose se bergfietsdag vir dames

Einde November is seker die besigste tyd van die jaar en volgeprop met spertye en werk-en skoolfunksies. Tog het dit nie die spannetjie entoesiastiese vroue afgeskrik om ’n halwe dag in hul bergfietsvaardighede te belê nie. Nadat almal heerlik gesmul het aan koffie en muffins was hulle slaggereed vir ’n dag vol uitdagings en pret.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die dames wat ons vorige kursus in Julie 2016 bygewoon het, was al baie vaardig, maar daar was ook heelwat beginners wat graag die dag as ’n inleiding wou gebruik om touwys te raak en gemaklik te voel op hul fietse. En dan hopenlik gaan verseker dat dit nie stof vergaar in die motorhuis nie …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bergfiets is ’n opwindende sport, maar heelwat dames het gevoel dat hulle nie vaardig genoeg is om met vertroue ’n bergfiets te ry nie. Helaas is bergfietsry ook ’n tegniese sport en is dit moeilik om te verbeter as jy elke slag voor ’n afdraand of uitdaging afspring en stap. Tog is dit maklik om jou vaardighede te verbeter as jy lesse by ’n ervare instrukteur kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vaardigheidsinstrukteur Nicolle van der Greft en een van haar studente, het eers ’n demonstrasie gehou om te wys wat mens op ’n bergfiets kan vermag. Na hierdie sirkustoertjies is die dames in vier vaardigheidsgroepe verdeel.

Die geduldige en vriendelike instrukteurs  het ons geleer om “berms” te doen, duiselingwekkende afdraande te ry, skerp draaie te bemeester asook die “pump track” met hobbels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

High5 het ’n waterstasie met High5 Zero-drankies gehad wat elektroliete bevat maar geen kilojoules nie. Net die ding om jou dors te les sonder om energie in te neem. Vir die laaste aktiwiteit kon die dames kies of hulle wou leer om ’n pap band reg te maak, op die fiets te balanseer in ’n “track stand” of een van die vele fietryroetes in die fietspark te ry.

Daarna het almal gesmul aan heerlike middagete, wyn en kolwyntjies.

Nog ’n bonus was pryse wat geborg is deur Versus, Uvex en Falke. Die baie rojale geskenksakkie met sonbrille deur Uvex, armverwarmers en twee paar sokkies van Falke, prettige fietsrysokkies van Versus en nog bederfies van rooi rose was die kersie op ’n baie lekker koek.

Ons het ook vir die eerste keer ons rooi rose-fietsryhempies gebruik (sien galery). Voorwaar my gemaklikste en mooiste hempie in die kas. Besoek ons aanlynwinkel hier as jy een wil koop. Dis gemaak van hoë gehalte tegniese materiaal deur Anatomic en daar is ’n damessnit sowel as een vir mans. Groottes is ooreenstemmend met die meeste gemiddelde fietsryhempies. Dus, as jy gewoonlik ’n medium dra, behoort ’n medium jou te pas.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

14 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

15 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

19 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.