kategorieë: Ontspanning

rooi rose-joernalis se wendrama in Radioteater

Skokonthullings in die media oor seksmisdrywe waarby godsdiensleiers na bewering by betrokke was, weerklink in die joernalis Martie Swanepoel (Martie is die skrywer van ons populêre kortverhaal Dans met die rooirok en vorige aanlynsepie Botox, Barbies en Bietse) se bekroonde radiodrama, Sonate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sonate, die naaswenner in RSG en Sanlam se Radiodrama-skryfkompetisie vir 2014, handel oor ’n bejaarde konsertpianis, Ansa, wat haar jeug in haar predikantpa en ma se pastorie onthou … Veral haar klavierlesse by die orrelis se huis, waar sy agter toe gordyne seksueel gemolesteer is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir haar ouers was hy die “liewe oom Stan”, maar vir Ansa is hy die man wat haar jeug gesteel het en haar na dwelms gedryf het. Erger as sy molestering is haar ouers wat haar nooit wou glo nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met Alzheimer se siekte wat haar onthou by tye verdoof, het sy nog een laaste begeerte: om Beethoven se Maanligsonate weer voor ’n gehoor uit te voer, triomfantelik, soos voorheen. Dit is ’n wedloop teen tyd …

Sonate is opgevoer met Rina Nienaber in die hoofrol, Rika Sennett as die ma, Francois Stemmet as oom Stan en Ria Smit as die versorger. Die spelleiding is deur die bekroonde radiodrama-regisseur, Bettie Kemp, behartig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sonate kan op Donderdag 30 April om 21:10 gehoor word. Dit is sowat ’n uur later as die gewone uitsaaityd en volg na ’n regstreekse uitsending van vanjaar se Suidoosterfees.

Radioteater is elke Donderdagaand op RSG (100 tot 104 FM). Die radiodrama word Maandagoggend tussen 01:00 en 02:00 in Deurnag herhaal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

17 mins Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

3 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

4 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

23 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

23 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.