kategorieë: Ons menseBekendes

rooi rose gesels met Melissa Myburgh van Dinge van ’n kind

rooi rose gesels met Melissa Myburgh van Dinge van ’n kind

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In dié reeks van tien episodes ontmoet kykers vir Mart Vermaak. Die ontnugtering van haar grootwordjare vind teen die onstuimige politiese agtergrond van die jare sewentig plaas, terwyl ’n ouer Mart haarself in ’n ontnugtering van ’n ander aard bevind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die roman Die dinge van ’n kind leer lesers vir Mart as tiener sowel as ’n vrou in haar dertigerjare wat as ’n expat in Londen woon, ken. In die TV-reeks ontmoet kykers egter ook ’n heelwat ouer Mart wat haar weer in Suid-Afrika gevestig het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Die boek speel in twee tydvakke af – die onstuimige 1970’s en die vroeë 1990’s – maar vir die TV-reeks is daar ook ’n deel bygewerk wat in die hede afspeel. Daar is dus drie aktrises wat die rol van Mart deur die jare speel.

Ons gesels met Melissa Myburgh wat die rol van die jong Mart vertolk.

Wanneer het jy besef jy wil ’n aktrise word en hoekom?

Ek dink ek wou nog altyd ’n performer wees. En ek wens ek het ’n perfekte antwoord gehad vir die vraag, maar dis eintlik baie eenvoudig: Dis al wat ek kan doen.

Ek het net lank gelede besluit ek het geen belangstelling in grootword en ’n ordentlike werker word nie, so toe besluit ek om vir die res van my lewe te speel en stories op te maak. My oorspronklike droom van kleins af was om ’n sangeres of ballerina te word, maar dit was net te onrealisties… toe kies ek maar drama!

Jy is opgelei in teater, film en televisie. Het jy ’n gunstelinggenre?

Dis onmoontlik om dit met mekaar te vergelyk. Ek het my hart verloor op die verhoog en hy lê steeds daar tussen gordyne en ligte. Daar’s iets ongelooflik wat op ’n verhoog gebeur, wat my woordeskat sukkel om vas te vang. Ek sal nooit net een genre wil kies nie, maar teater was my eerste liefde, so ek sal aan haar kant moet staan.

Watter karaktereienskappe deel jy en Mart?

Ek en Mart is albei verstrooide dromers wat te veel in ons eie verbeelding woon. Ek is ook ’n skrywer wat meer hou van lees as om tyd in die werklikheid tyd te bestee. Nes Mart is ek ook ’n romantic, wat die mense in my lewe in my kop klaar skryf, oomblikke groter maak as wat hulle eintlik is, en my eie werklikheid voller en mooier laat lyk as wat dit is. Daar is ’n toneel waarmee ek my baie kon vereenselwig, waar Mart vertel dat sy soms bang is sy gaan dood voor sy al die boeke kon lees wat sy nog wou. Ek het ook daardie nuuskierigheid oor die lewe: Ons albei wil meer weet, meer doen, meer lees en meer leer as wat ons moontlik in ons lewe kan.

Watter lewenslesse het Mart vir jou geleer?

Sy het my geleer dat my nuuskierigheid waardevol in hierdie wêreld is; dat ek mag wees nes ek is, en nie om verskoning vir my eienaardighede hoef te vra nie, en dat ek opgewonde mag wees oor die klein dinge in die lewe. Ek hoef nie gehaas te voel om groot te word nie, ek mag vir altyd ’n kind bly. Ek dink Mart kan vir almal leer hoe om hul innerlike kind lief te hê.

In die reeks werk jy met aktrises wat reeds lank in die bedryf is – wat kon jy by hulle leer?

Ek is so bevoorreg om met fantastiese aktrises te kon werk, en wat vir my uitgestaan het, is die feit dat hulle almal se voete so vas op die aarde is. Susanne, Cintaine, Jane, Martelize … Hulle almal was so gretig om my te help, my hand vas te hou as ek effens oorweldig gevoel het. Ek het by hulle geleer hoe om hierdie bedryf te hanteer, en ook om seker te maak die bedryf hanteer jou reg. Dit was ook net lekker om te kon sien hoe ek wil hê my loopbaan oor ’n paar jaar moet lyk, en wat om te doen om daar uit te kom.

’n Mens moet hard werk, op jouself en jou werk fokus en nie te veel na ander se negatiewe menings luister nie.

Wat was vir jou ’n hoogtepunt op die stel?

Een van die episodes speel in die dieretuin af en ons was een hele dag by die dieretuin op stel. Ek, Mienke, Ben en Andahr was in die tonele, so dit was werklik asof ek saam met my drie beste vriende ’n dag in die dieretuin deurgebring het. Ons was vir daardie dag vier kinders wat rondgehardloop, gespeel en gelag het. Die tonele wat ons geskiet het, het ook só ongelooflik uitgekom. Dit was my gunstelingdag op stel.

Wat is volgende vir so ’n jong, talentvolle aktrise soos jy?

Ek is nou net klaar met ’n toneelstuk wat by Suidoosterfees gespeel het. Ek is tans besig om aan ’n paar nuwe tekste te skryf, wat in die nabye toekoms in die kollig sal tree. Hopelik lei Dinge van ’n kind ook na nuwe geleenthede.

Moenie Dinge van ’n kind vanaand (10 Mei) om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) misloop nie!

Foto’s: Petri de Wet

Die 57ste Fleur du Cap-teatertoekennings by glorieryke geleentheid gevier

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 mins Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

6 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

7 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

7 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

7 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.