kategorieë: Ons menseBekendes

rooi rose gesels met Ludik-aktrise Diaan Lawrenson

rooi rose gesels met Ludik-aktrise Diaan Lawrenson

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Ons gesels met die bekende aktrise Diaan Lawrenson, wat die rol van Daan Ludik se vrou, Anet Ludik, vertolk. Sy vertel meer oor haar karakter, mede-akteurs en die karaktereienskappe wat sy met Anet Ludik deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Vertel ons van jou karakter in Ludik.

Anet Ludik is Daan Ludik se tweede vrou. Daan en Anet het ’n seun, Danie, en Anet het ook ’n stiefdogter, Louise. Anet raak al hoe meer bewus van die gevaarlike geheime in haar huwelik en probeer met al haar mag agter die kap van die byl kom. Anet raak net meer desperaat en nog meer geïsoleer soos sy vir haar man en gesin probeer veg. Haar eensaamheid lei na verkeerde besluite wat haar huwelik verder in gevaar kan stel.

Foto: Verskaf

Wat beteken dit vir jou om deel van die eerste Afrikaanse Netflix-reeks te wees?

Dis ’n droom wat bewaarheid word. Ek is lief vir Afrikaans en werk al my hele loopbaan deur in Afrikaans. Ludik is vandag in 190 lande oor die wêreld heen beskikbaar en 220 miljoen mense kan dit in Afrikaans kyk. Ek is baie trots om deel van die oomblik te wees.

Wat was jou gunsteling deel van hierdie projek?

Die teks is sterk en ek is mal oor die storie. Ja, dit is aksie-belaai, maar daar is ook komplekse karakters wat gehore gaan aangryp. Dan natuurlik die mense – die akteurs, regisseurs, vervaardigers, die hele agter-die-skerms-rolprentspan.

Is daar enige karaktereienskappe wat jy met jou karakter deel?

Daar is maar altyd iets van jouself in ’n karakter en omgekeerd. Anet is bitter lief vir haar man en gesin. Haar gesin is haar eerste en belangrikste prioriteit en dit is definitief iets waarmee ek myself kan vereenselwig. Daan Ludik is die hoof van die huis in die tradisionele sin en ’n sterk persoonlikheid; ek wou ’n vroulike karakter skep wat ewe sterk vir Daan in die oë kan kyk. Ek wou ’n vroulike karakter skep wat tegelyk sterk én sag kan wees.

Vertel ons van jou mede-akteurs.


Die rolverdeling in Ludik is indrukwekkend. Ek ken baie van die akteurs al vir jare en ons het al baie saam gespeel – Zane Meas, Elma Postma, Justin Strydom, Andre Odendaal, en die lys gaan aan! Dit was heerlik om weer saam te kan werk. Dan was daar ook eerstes – dit was wonderlik om saam met Arnold te werk en so ook Rob van Vuuren en Lea Vivier. Hoe gelukkig kan een meisie wees om teenoor al die legendes en sterre te speel!

Ons vier Vrouemaand. Watter lewenslesse hoop jy om aan jou dogter oor te dra?

Om nooit in haarself te twyfel nie – al bewe sy in haar stewels. Om altyd in haar eie towerkuns te glo. Om nooit terug te staan vir enigiemand nie. Om altyd haarself te koester, lief te hê en te beskerm.

Foto’s: Verskaf

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.