kategorieë: In die nuusJou lewe

Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie. Hier’s tekens dat jou troeteldier oorgewig is

Rond is nié gesond vir kiets en woefie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In Suid-Afrika, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), is 39% van volwassenes oorgewig. Boonop toon sommige studies dat byna 70% van vroue en 39% van mans in Suid-Afrika oorgewig of vetsugtig is. Hierdie tendens kom ongelukkig ook by ons troeteldiere voor. Na raming is meer as 50% van troeteldiere wat deur veeartse behandel word oorgewig of vetsugtig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tog sien 9 uit 10 diere-ouers hulle troeteldier se oorgewig as normaal. Daarmee saam beskou 92% van troeteldier-eienaars troeteldier vetsugtigheid nie as ’n gesondheidsrisiko nie!

Troeteldiere wat oorgewig is, is minder gelukkig, leef korter lewens en loop ‘n groter risiko om artritis, urinêre toestande, velprobleme, hartsiektes en kanker te ontwikkel. Jou troeteldier hoef nie vetsugtig te wees om hierdie gesondheidsprobleme te loop nie. Om net ’n ekstra kilogram of twee te dra, kan jou troeteldier beïnvloed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Troeteldier vetsug-feite

  • Vetsug kan ’n troeteldier se lewe met twee en ’n half jaar verkort
  • Oorgewig katte is vier keer meer vatbaar vir diabetes en twee en ’n half keer meer vatbaar vir nierstene
  • Oorgewig en vetsugtige troeteldiere is ook vatbaar vir ’n wye verskeidenheid ander siektes, insluitend hartprobleme en kanker
  • Oorgewig troeteldiere is minder gelukkig

Troeteldier-ouers se gedrag dra dikwels by tot hulle troeteldiere se oorgewig deurdat hulle lekkernye, wat nié vir diere bedoel is nie, vir hulle dierekinders voer. Biltong, droëwors, kos van die tafel af en, ja, veral sjokolade moenie vir diere gevoer word nie.

Wenke om te keer dat jou troeteldier oorgewig word

  • Moenie jou troeteldiere “menskos” of lekkernye voer nie. As jy jou troeteldier wil bederf, dink aan alternatiewe eerder as kos, soos ‘n nuwe speelding, ekstra speeltyd en speletjies.
  • Speel of gaan stap en hardloop met jou troeteldiere sodat hulle oefening kan kry. Bokse, troeteldiertonnels en ‘n opgefrommelde stuk papier is aktiwiteite wat pret en oefening vir jou kat sal verskaf.
  • As jy dink jou troeteldier kan oorgewig wees, besoek jou veearts vir ‘n assessering. Jou veearts kan die beste plan aanbeveel as jou troeteldier ‘n paar kilo’s moet afskud.
  • Kies die regte troeteldierkos vir jou spesifieke troeteldier. Indien jou troeteldier reeds oorgewig is, kies troeteldierkos wat geformuleer is om jou troeteldier se metabolisme aan te help.
  • Volg die voedingsriglyne op die pakkie – om oorvoeding te voorkom, weeg jou troeteldier se kos of gebruik ‘n maatbeker. Dit help om te verseker dat wie ook al jou troeteldier voer, elke keer die regte hoeveelheid kos gee.

Maar hoe weet ’n mens dat jou liefling-kat of -hond oorgewig is?

Hier is ’n paar tekens:

  • Jy kan nie meer hulle ribbes voel nie
  • Hulle het nie meer ’n waarneembare middel nie
  • Vet pak aan rondom hulle heupe en by die begin van die stert
  • Hulle “waggel” eerder as om te loop
  • Hulle beweeg moeilik
  • Hulle is kort van asem én kort van draad
  • Hulle sukkel om asem te skep wanneer hul gaan stap of trappe klim.
  • Hulle het merkbaar minder aktief en gretig geword om te speel.

Lees ook: Donderweer, vuurwerke en jou angstige troeteldier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.