Vanjaar is diversiteit die gonswoord wanneer dit kom by modes, en daarom is ’n romp die mees stylvolle manier om dié modetendens te volg. Ons wys jou hoe.
Interessante materiaal
Gekleurde diere-motiewe, metaalagtige symateriale, dubbellae katoen en weefteksture is veral gewild.
Midi-lengte rompe en bont motiewe
Die midi-lengte is steeds hoogmode vir ’n romp, en hoe meer bont die motief op die materiaal, hoe beter. Eksperimenteer met organise motiewe soos blare en blomme, asook meer geometiese vorms en motiewe. Dit sal dadelik ’n vaal uitrusting opkikker.
Bo-die-knie
Soos die midi, is die mini-romp ook weer hoogmode. Dink aan die 60’s, toe Twiggy ons die eerste keer voorgestel het aan dié modieuse snit, maar voeg net ’n tikkie kontemporêr by.
Die A-lyn-snit met voue en plooie
Die A-lyn-snit komplimenteer die meeste figure wat dit ’n gerieflike opsie maak, en met ’n paar knopies, interessante voue of selfs borduurwerk, het jy dadelik die perfekte trophy skirt.