Romerigste mieliepap met koejawels in saffraanstroop deur Vickie de Beer
Romerigste mieliepap met koejawels in saffraanstroop
Serves: 4
Cooking Time:
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Koejawels
- 500 ml (2 k) water
- 250 ml (1 k) suiker
- 4 naeltjies
- 3 kaneelstokkies
- ’n knypie saffraan (5 ml)
- 8 koejawels, geskil
- Mieliepap
- 1 liter (4 k) melk
- 375 ml (1 ½ k) room
- 120 g mieliemeel
- 5 ml (1 t) sout
- 100 g botter
Instructions
- Gooi die water en suiker in ’n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Voeg die speserye en geskilde koejawels by.
- Sny ’n sirkel so groot soos die kastrol uit bakpapier en bedek die kastrol daarmee. Kook vir 20-30 min. of tot die koejawels sag is, maar steeds hul vorm behou.
- Meng intussen die melk in ’n middelslag-kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt.
- Voeg die mieliemeel stadig in ’n dun stroompie by terwyl jy deurentyd roer. Meng goed. Geur met sout, roer deur. Verlaag die hitte en kook vir 20-30 min. terwyl jy elke 5 min. roer om klonte te voorkom.
- Voeg laastens die room en botter by en roer tot die botter gesmelt en goed deurgemeng is.
- Lig die koejawels versigtig met ’n gaatjieslepel uit die stroop. Kook die stroop verder oor matige hitte tot dit effens verdik het.
- Sit die romerige mieliepap met die stroop en koejawels voor.
Anelle Tewson
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025