Romerige wildesampioen-risotto. Resep deur Vickie de Beer
1 Verhit die hoenderaftreksel in ’n klein kastrol en hou warm maar moenie laat kook nie.Romerige wildesampioen-risotto
Ingredients
Instructions
2 Verhit die olyfolie in ’n middelslagkastrol en braai die uie en knoffel daarin tot sag en deurskynend. Voeg die rys by en braai saam tot al die korrels met olie bedek is. Voeg die witwyn by en roer tot al die vloeistof geabsorbeer is en weggekook het.
3 Voeg die warm hoenderaftreksel ’n half koppie op ’n slag by en roer ná elke byvoeging. Wag tot al die vloeistof geabsorbeer is voor jy die volgende koppie byvoeg.
4 Sit die droë porcini-sampioene in ’n mengbak en gooi die warm water oor. Laat staan vir 20 min. en voeg dan by die risotto. Roer die parmesaan by en geur met sout en gemaalde swartpeper.
5 Verhit die botter in ’n braaipan en braai die eksotiese sampioene ’n bietjie op ’n slag daarin tot goudbruin. Skep die warm sampioene en van die pansous oor die risotto en sit met ekstra skaafsels parmesaan voor.
Lees nog:
Romerige sampioensop met kraakbrode