200 ml (1 houertjie) crème fraîche of mascarponekaas
’n hand vol vars salieblare
Baba-aartappels
1 kg baba-aartappels
45 ml (3 e) olyfolie
sout en gemaalde swartpeper
vars tiemietakkies
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
Kook heel eerste die aartappels tot net sag. Laat effens afkoel en druk effens plat met die agterkant van ’n lepel. Giet die olyfolie oor die aartappels en geur met sout, peper en vars tiemie. Bak in die oond tot goudbruin.
Verhit die olie en die botter saam in ’n groot pan. Voeg die uie by en soteer vir 10min. Voeg die appels en seldery by en braai vir nog sowat 5 min. tot goudbruin en sag.
Voeg die bier stadig by en laat kook. Prut vir 5 min. sodat dit kan afkook. Voeg die varkvleis by en verhit tot deurwarm. Haal af en roer die crème fraîche by. Roer die salie by net voor jy dit met die baba-aartappels voorsit.