Romerige varkvleis in appelbiersous
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 30 g (2 e) botter
- 3 middelslaguie, oorlangs in ringe gesny
- 1 koppie gaar varkvleis, in repies geskeur
- 4 rooi appels, in agtstes gesny
- 4 stingels seldery, gekap
- 375 ml (1 botteltjie) appelbier, soos Savannah
- 200 ml (1 houertjie) crème fraîche of mascarponekaas
- ’n hand vol vars salieblare
- Baba-aartappels
- 1 kg baba-aartappels
- 45 ml (3 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- vars tiemietakkies
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
Instructions
- Kook heel eerste die aartappels tot net sag. Laat effens afkoel en druk effens plat met die agterkant van ’n lepel. Giet die olyfolie oor die aartappels en geur met sout, peper en vars tiemie. Bak in die oond tot goudbruin.
- Verhit die olie en die botter saam in ’n groot pan. Voeg die uie by en soteer vir 10min. Voeg die appels en seldery by en braai vir nog sowat 5 min. tot goudbruin en sag.
- Voeg die bier stadig by en laat kook. Prut vir 5 min. sodat dit kan afkook. Voeg die varkvleis by en verhit tot deurwarm. Haal af en roer die crème fraîche by. Roer die salie by net voor jy dit met die baba-aartappels voorsit.
Rooi Rose
Lees Meer
Grondboontjie-en-vark-roerbraai
06/11/2024
Vis in krakerige bierbeslag
04/10/2024